V­reem­de wê­reld van Hiero­ny­mus Bosch op­nuut in dok­kie be­lig

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Die Mid­del­eeu­se kuns­te­naar Hiero­ny­mus Bosch is die fo­kus van die nuut­ste do­ku­men­tê­re rol­prent in die Exhi­bi­ti­on on S­creen-reeks, The Cu­ri­ous Wor­ld of Hiero­ny­mus Bosch, wat van Sa­ter­dag in Ci­ne­ma Nou­veau-fliek­te­a­ters te sien is.

Bosch se werk is wê­reld­wyd op­nuut in die kol­lig met on­der meer die groot­ste oor­sig­ten­toon­stel­ling van sy werk in sy tuis­dorp Den Bosch ver­le­de jaar wat meer as ’n half­mil­joen men­se van oor die wê­reld heen ge­trek het.

Die mu­seum moes sy deu­re ter nou­er nood tot ná mid­der­nag oop­hou om die stroom be­soe­kers te ak­kom­mo­deer.

Dit was ter vie­ring van die skil­der se ge­boor­te­dag vyf eeue ge­le­de. Bosch se werk was plaas­lik ook van­jaar by die US Woord­fees in fo­kus met San­dra Ha­ne­kom se Bosch in A­fri­ka-ten­toon­stel­ling.

Die do­ku­men­tê­re rol­prent be­ant­woord vrae soos wie Bosch nou eint­lik was.

Waar­om vind men­se meer as ooit te­vo­re aan­klank by sy v­reem­de, fan­ta­sie­ry­ke skil­de­rye? Hoe het hy die brug oor­ge­steek van die Mid­del­eeu­se wê­reld na die Re­nais­san­ce?

Waar kom sy on­kon­ven­si­o­ne­le en tyd­lo­se skep­pings van­daan?

In die The Cu­ri­ous Wor­ld of Hiero­ny­mus Bosch word ge­fo­kus op die ten­toon­stel­ling J­hero­ni­mus Bosch – Vi­si­ons of Ge­ni­us wat in Het Noord­bra­bants Mu­seum in Den Bosch aan­ge­bied is. Dit was die groot­ste Bosch-ten­toon­stel­ling tot nog toe met 36 van sy 44 oor­bly­wen­de skil­der­kuns­wer­ke op ten­toon­stel­ling.

Ku­ra­tors en toon­aan­ge­wen­de kri­ti­ci be­spreek die kuns­wer­ke en in na­by­sko­te kan ky­kers vreemd­he­de ver­vat in die wer­ke – van kan­ni­ba­lis­me tot vo­ëls met drie kop­pe – van na­der­by be­stu­deer.

Ty­dens die voor­be­rei­ding vir die ten­toon­stel­ling is nu­we ont­dek­kings – on­der meer van beel­de on­der die ge­verf­de op­per­vlak – dank­sy ge­vor­der­de teg­no­lo­gie ge­maak.

Al­taar­stuk­ke, wat in ver­skil­len­de mu­seums in die wê­reld uit­ge­stal word, word soos dit hoort saam uit­ge­stal.

Die ten­toon­stel­ling is deur die Fi­nan­ci­al Ti­mes be­skryf as ’n er­va­ring wat ’n mens net een keer in jou le­we mee­maak en The New York Ti­mes het dit “een heng­se tuis­koms” ge­noem.

■ Ver­toon­tye is op 6 , 10 en 11 Mei om 19:30 en op 7 Mei om 14:30 in Ci­ne­ma Nou­veau­te­a­ters.

’n To­neel uit Hiero­ny­mous Bosch se Skip van dwa­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.