Rol maak S­wan­by ’n roei­er

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Grant S­wan­by was meer as net to­neel­fiks vir sy rol in die rol­prent Beyond the Ri­ver, waar­in hy en Le­mo­gang T­si­pa die rol­le speel van twee roei­ers wat die Du­si-ka­no­ma­ra­thon saam aan­pak.

“Nie ek of Le­mo was voor die ver­fil­ming al ooit in ’n ka­no nie.

“Ons het da­rem ’n paar maan­de ge­had om ons voor te be­rei voor­dat die ver­fil­ming be­gin het.

“Ek het aan die rol­prent Mod­der en bloed ge­werk ter­wyl ek vir dié pro­jek moes voor­be­rei en was taam­lik ver van wa­ter af. Maar ek het op die in­ter­net rond­ge­soek en toe ’n soort toe­stel van hout ge­maak wat kan ba­lan­seer. Ge­luk­kig kon die O­lim­pie­se roei­er S­haun Ru­ben­stein ons help met ons teg­niek.”

Teen die tyd dat die ver­fil­ming moes be­gin, was Piers Cruicks­hanks, die roei­er op wie S­wan­by se ka­rak­ter ge­grond is, te­vre­de met die ak­teurs se vor­de­ring.

Cruicks­hanks en Si­se­ko Nton­di­ni se deel­na­me aan die Du­si-ka­no­ma­ra­thon in 2014 het ge­dien as in­spi­ra­sie vir die rol­prent en die prent is los­weg ge­grond op die wa­re ge­beu­re.

Die re­gis­seur Craig F­rei­mond het die ka­rak­ters baie uit­ge­brei. Hul­le kom uit ver­skil­len­de ag­ter­gron­de: Die een se le­we is in ’n kri­sis wan­neer die ky­kers hom ont­moet, ter­wyl die an­der een op die punt is om by mis­daad be­trok­ke te raak.

S­wan­by sê F­rei­mond het deur­gaans ’n baie sterk span­nings­lyn be­werk­stel­lig.

“Die twee ka­rak­ters moet dus nie net saam­werk nie, maar hul­le het me­kaar no­dig as men­se. Hul ver­skil­len­de ag­ter­gron­de word uit­ein­de­lik die kern, die mens­li­ke dra­ma-e­le­ment.”

He­art­li­nes, ’n or­ga­ni­sa­sie wat dit ten doel het om waar­des te be­vor­der, ge­bruik Beyond the Ri­ver om #Tel­lYourS­to­ry be­kend te stel. Die rol­prent dien as ’n pro­jek so­dat men­se in Suid-A­fri­ka me­kaar be­ter kan ver­staan.

S­wan­by, wat van­jaar 50 word, sê men­se dink aan hom as ’n En­gels­spre­ken­de ak­teur, maar hy het al baie A­fri­kaan­se werk ge­doen, ook saam met sy vrou, die ak­tri­se Ni­co­la Ha­ne­kom, met wie hy van­jaar vyf jaar ge­troud is.

“Haar lief­de vir A­fri­kaans het my ook be­ïn­vloed.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.