Nos­tal­gie en ont­go­ge­ling

Beeld - - Kuns & Vermaak - La­e­ti­tia Pop­le

John­ny is nie dood nie Dra­ma

Van die eer­ste sko­te as die ak­tri­se Ro­lan­da Marais die ky­ker reg in die oë kyk, word jy in­ge­trek in die sto­rie van vyf vrien­de.

Die te­a­ter­skep­per Chris­taan Ol­wa­gen se de­buut­prent, John­ny is nie dood nie, is met ’n be­weeg­li­ke ka­me­ra ge­skiet wat die ka­rak­ters volg. Met geen ver­haal­lyn nie sorg dit vir ’n hoogs in­tie­me er­va­ring.

Die prent speel in die laat 1980’s op die Ma­tie-kam­pus in S­tel­len­bosch af te mid­de van die op­koms van A­fri­kaan­se pro­tesmu­siek wat die ont­go­gel­de, gat­vol jeug (Ver­woerd se klein­kin­ders) se e­mo­sies se­kuur ver­woord het. Dié be­we­ging het ’n hoog­te­punt be­reik met die Vo­ël­vry-be­we­ging en PW Bo­tha wat ’n nood­toe­stand in die land af­ge­kon­dig het.

Dan f­lits die ka­me­ra na 2002, waar die­self­de stu­den­te­maats ver­ga­der vir ’n braai in S­tel­len- bosch en­ke­le dae na­dat Jo­han­nes Ker­kor­rel, een van Vo­ël­vry se kul­tus­lei­ers, hom­self om die le­we ge­bring het.

Li­se (Marais) en Dirk (Al­bert P­re­to­ri­us) is vas­ge­vang in die rot­re­sies en bly in die voor­ste­de waar hul grys Vi­bra­cre­te­muur ’n swaar sim­bool word van hul bei­ge le­we as groot­men­se te­rug in S­tel­len­bosch.

Hein (Lud­wig Bin­ge), ’n oud­grens­veg­ter, is steeds ’n ge­kwel­de swer­wer en An­ja (Ila­na Cil­liers) is ’n joer­na­lis wat haar be­gin­sels en loop­baan by die ge­sag­heb­ben­de Die Suid-A­fri­kaan prys­ge­gee het om vir ’n prul­tyd­skrif te gaan werk.

Die vog­gies vloei en die aapt­wak praat. Diep­ge­wor­tel­de e­mo­sies en ge­hei­me kom na vo­re. Die af­we­sig­heid van John­ny, hul u­ni­ver­si­teits­vriend wat in raai­sel­ag­ti­ge om­stan­dig­he­de dood is, is tas­baar.

By tye voel dit vir die ky­ker of jy self in ’n waan­sin­ni­ge dwelm­droom is.

Ol­wa­gen se ge­bruik van lang sko­te plaas jou mid­de-in die vyf se er­va­rings toe en nou. Al­les voel oom­blik­lik. Jy er­vaar al­les da­de­lik son­der ’n fil­ter en die tra­giek wring die hart.

Die ar­gief­ma­te­ri­aal en ’n so­ber ver­tel­stem sorg vir le­wens­ge­troue kon­teks. Die musiek van die Vo­ël­vry-be­we­ging as klank­baan ver­hoog nie net die on­mid­del­lik­heid nie, maar ook die nos­tal­gie van die ge­beu­re. Was Vo­ël­vry die klip­pie wat Go­li­at ge­tref het?

Ol­wa­gen ver­diep die mals­heid van dié tyd.

In een skoot is die vyf af­ge­neem met reu­se-, o­ran­je­rooi kre­we soos op die Da­da­ïs­tie­se om­slag van Ker­kor­rel se al­bum Eet kreef. In ’n vroe­ë­re en veel­seg­gen­de par­ty­tjie­to­neel sê Li­se aan die nou ont­sla­pe kuns­te­naar Ba­rend de Wet – ge­plaas as ’n sto­ken­de “rus­pe” van A­li­ce in Won­der­land: “Ek wil weet wie ek is.” ’n Pil­le­tjie is sy ant­woord.

Die prent vat die tyd­gees van die twee tyd­per­ke se­kuur vas: die “sor­ge­lo­se” stu­den­te­dae in ’n ver­druk­ken­de po­li­tie­ke be­stel waar­in 19-ja­ri­ge seuns op­ge­roep is vir mi­li­tê­re diens­plig in ’n on­reg­ver­dig­ba­re oor­log. Daar was geen an­der uit­weg uit die ar­my as tronk toe of land­uit nie. Die ou­er Hein, wat aan die grens ge­veg het, word ge­teis­ter deur gru-dro­me en hy haak uit. In daar­die tyd was pos­t­trau­ma­tie­se stres nog ’n braak veld vir ge­re­de­li­ke siel­kun­di­ge on­der­soek. Net om plak­ka­te van die End Con­scrip­ti­on Cam­paign aan jou muur te hê soos in die stu­den­te­huis hier, het tronk­straf be­te­ken.

John­ny (Roe­lof Storm) se ka­rak­ter is ’n e­te­ries min­li­ke we­se met wie al­mal oor die weg kom, die hars wat die kring by­me­kaar hou, vir wie al­mal oom­blik­lik lief raak. Sy teen­woor­dig­heid is om­geef in wee­heid as­of hy in­staan vir die wa­re Ker­kor­rel.

’n Mens kan John­ny om ver­skeie re­des kyk.

Dit kan jou nos­tal­gies stem as jy die tyd­perk be­leef het en weer daar­oor wil my­mer. En daar­by is dit ’n vie­ring van vriend­skap, die e­nig­ste teen­voe­ter vir ’n le­we in ’n land wat op sy kop ge­keer is.

■ Ro­lan­da Marais, Lud­wig Bin­ge, Al­bert P­re­to­ri­us, Il­la­na Cil­liers en Ru­dolf Storm. 90 mi­nu­te.

Fo­to: RO­BERT HAMBLIN

Ila­na Cil­liers, Ru­dolf Storm en Ro­lan­da Marais in John­ny is nie dood nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.