Fa­ce­book skop steeds s­tof in oë van me­de­din­gers

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Of jy van hom en sy grys T-hem­de hou of nie, nie­mand kan meer ont­ken dat Mark Zuc­ker­berg ’n skoot ge­ni­a­li­teit weg het nie.

Fa­ce­book se aan­tal ge­brui­kers en die maat­skap­py se wins gaan net van krag tot krag, ter­wyl an­der so­si­a­le­me­di­a­maat­skap­pye, soos T­wit­ter, ná ja­re steeds nie eens wins maak nie.

In die eer­ste kwar­taal van 2017 het min­stens 1,94 mil­jard men­se, 17% méér as ’n jaar ge­le­de, maan­de­liks op Fa­ce­book aan­ge­meld. Ge­mid­deld

1,28 mil­jard men­se het in Maart el­ke lie­we dag aan­ge­meld, 18% meer as ’n jaar ge­le­de.

Fa­ce­book se an­der net­wer­ke toon die­self­de e­nor­me groei:

■ W­hat­sApp het nou 1,2 mil­jard ge­brui­kers, 20% meer as ’n jaar ge­le­de. Iet­wat kom­mer­wek­kend, dalk, is dat W­hat­sApp

se aan­tal ge­brui­kers nie se­dert die vo­ri­ge kwar­taal (tot ein­de De­sem­ber 2016) ge­styg het nie.

■ In­sta­gram se aan­tal ge­brui­kers is ’n fe­no­me­na­le 75% meer op 700 mil­joen as ’n jaar ge­le­de en 100 mil­joen nu­we ge­brui­kers het die af­ge­lo­pe kwar­taal aan­ge­sluit.

■ Mes­sen­ger het nou 1,2 mil­jard ge­brui­kers, 50% meer as ’n jaar ge­le­de en 200 mil­joen men­se meer as ’n kwar­taal ge­le­de. Ge­ge­we dié e­nor­me sty­ging in die aan­tal ge­brui­kers, val ad­ver­teer­ders oor hul voe­te om ver­al op Fa­ce­book te ad­ver­teer (W­hat­sApp en Mes­sen­ger is steeds son­der ad­ver­ten­sies). Dit be­te­ken dit gaan klop­dis­sel­boom met Fa­ce­book se boe­ke.

Die maat­skap­py se in­kom­ste, waar­van 98% uit ad­ver­ten­sies kom, het oor die loop van die jaar met 49% tot meer as $8 mil­jard ge­styg. Daar­van is 85% van die in­kom­ste uit ad­ver­ten­sies op Fa­ce­book se app.

Boon­op is 85% van Fa­ce­book se ad­ver­ten­sie-in­kom­ste vir vi­deo-ad­ver­ten­sies.

On­danks dié goeie sy­fers het Zuc­ker­berg be­leg­gers Woens­dag by ’n kon­fe­ren­sie ge­waar­sku dat die groei­koer­se nie on­be­paald kan voort­duur nie.

Die groot­ste strui­kel­blok vir ver­de­re groei is dat daar ’n perk is op hoe­veel ad­ver­ten­sies Fa­ce­book voor ge­brui­kers kan plaas voor­dat hul­le krap­pe­rig raak en dalk selfs die net­werk ver­laat.

S­heryl Sand­berg, be­dryfs­hoof, het aan Bloom­berg ge­sê hul­le mo­ni­tor die im­pak van ad­ver­ten­sies op ge­brui­kers se er­va­ring baie fyn.

Fa­ce­book het oor die af­ge­lo­pe ja­re sy in­kom­ste­stroom pro­beer di­ver­si­fi­seer met be­leg­gings in on­der meer skyn­werk­lik­heid deur sy fi­li­aal O­cu­lus. Op sy be­leg­gings­kon­fe­ren­sie het Zuc­ker­berg ook ge­praat oor teg­no­lo­gie wat brein­gol­we kan be­nut.

Fa­ce­book het nou 18 770 men­se in sy diens – 38% of

5 168 werk­ne­mers méér as ’n jaar ge­le­de.

Ná Fa­ce­book se be­leg­gings­kon­fe­ren­sie het sy aan­deel­prys skerp ge­daal tot $145,45 in na­uur­se ver­han­de­ling op die Nas­daq, vir ’n to­ta­le da­ling van 4,8% vir die dag. Oor die af­ge­lo­pe jaar het die aan­deel met by­na 29% ge­styg.

Fa­ce­book en sy an­der net­wer­ke W­hat­sApp, In­sta­gram en Mes­sen­ger groei steeds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.