Nu­we di­gi­ta­le stroom­diens ‘bied wa­re vry­heid van keu­se’

Beeld - - Sake -

Suid­A­fri­kaan­se ver­brui­kers kry nog keu­ses as dit kom by TV en flieks in die vorm van Di­gi­tal En­ter­tai­n­ment on De­mand (De­od) se nu­we stro­mings­diens.

Dié diens bied ook s­port.

De­od bied vi­deo­op­aan­vraag­diens­te, wat s­port en nuus in­sluit, en wat ver­brui­kers op hul slim­fo­ne, ta­blet­te of re­ke­naars kan kyk. Tal­le slim­TV­apps sal ook in die vol­gen­de paar we­ke be­kend ge­stel word.

An­ders as tra­di­si­o­ne­le gra­tis of be­taal­TV bied die maat­skap­py “wa­re vry­heid van keu­se”, sê De­od. Ge­brui­kers kan in­ter­net­TV kyk, op ver­skil­len­de in­houd en pro­gram­me in­te­ken of net kies om flieks te huur.

“Ky­kers wil vry­heid van keu­se hê,” sê S­te­phen Watson, be­stu­ren­de di­rek­teur van Dis­co­ver Di­gi­tal, wat die diens be­kend stel. Ge­brui­kers soek be­kos­tig­ba­re toe­gang tot flieks, nuus, s­port, musiek en TV­reek­se waar hul­le ook al is en hoe hul­le dit ver­kies.

Art­hur Gold­stuck, teg­no­lo­gie­ken­ner en be­stu­ren­de di­rek­teur van Wor­ld Wi­de Worx, sê De­od gaan waar­skyn­lik suk­kel om mee te ding met Netflix en S­ho­wMax wat be­ref TV­reek­se en flieks. Hul be­na­de­ring tot spor­tin­houd on­der­skei hul­le, sê Gold­stuck. “Deur ver­al sko­le­sport te tei­ken, neem hul­le die voet­sool­vlak­be­na­de­ring, maar als sal af­hang van hul uit­voe­ring.”

De­od se goed­koop­ste op­sie is die nuus­diens vir R49, wat vir 30 dae geld van­af die da­tum van be­ta­ling. Die sport­diens kos R99.

Die pre­mi­um­pak­ket kos R189 en sluit al­le nuus­ en sport­ka­na­le, De­od S­ports Net­work en tal­le TV­reek­se, mu­siek­vi­deo’s en flieks op aan­vraag in, sê die maat­skap­py. Flieks kan ge­huur word op ’n be­taal­per­kyk­ses­sie­grond­slag en kos tus­sen R18 en R30.

Vol­gens De­od word die De­od S­ports Net­work be­skik­baar ge­stel vir al­le pak­ket­te en saai dit groot sport­by­een­koms­te en li­gas uit, soos die O­lim­pie­se S­pe­le, sok­ker, rug­by, gholf, krie­ket en ten­nis. – Niel Jou­bert

Di­gi­tal En­ter­tai­n­ment on De­mand

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.