Skerp kri­tiek

Beeld - - Sake -

Ver­brui­kers het die E­d­con­win­kel­groep gis­ter wyd ge­kri­ti­seer oor die nuus dat hy on­wet­tig klub­le­de­geld van sy win­kel­kaart­kli­ën­te ver­haal het.

Tal­le be­skul­dig die groep van dief­stal en sê dis skelm.

Nt­ha­bi­seng Let­se­ka Ma­lin­ga sê op Ed­gars se Fa­ce­book­blad: “Ek het my re­ke­ning ’n paar jaar ge­le­de ge­sluit om­dat dit uit­bui­ting is . . . laat ons net weet wan­neer jul­le die geld te­rug­be­taal, dan­kie.”

“Be­taal die geld te­rug!” skryf Nhlanhla K­ha­nyi­le.

Net­werk24­le­sers het ook bit­ter op die nuus ge­re­a­geer. Dirk S­trauss sê: “Ha­ha­ha! Jaaaaa! Kry vir jul­le, jul­le skelms! Be­taal maar lek­ker te­rug.”

S­to­ney S­teen­kamp sê: “Ed­gars be­steel die pu­bliek al ja­re op hier­die ma­nier. Die klub­fooi word ou­to­ma­ties op jou re­ke­ning ge­laai en toe ek nog ’n re­ke­ning by hul­le ge­had, moes ek self ná ’n lang ba­klei­e­ry die maan­de­lik­se ‘klub­geld’ skrap. Glo my, daar­die ses maan­de ren­te­vrye kre­diet is toe nie so ren­te­vry nie!”

T­hea Ger­ber re­a­geer soos volg: “Jy is reg. Dit het my lan­ger as ’n jaar ge­neem om hul­le te oor­tuig dat hul­le geld on­reg­ma­tig by my af­trek. Uit­ein­de­lik ge­stop ge­kry, eers toe ek be­gin dreig het en al my e­pos­se as be­wys ge­hou het, maar te­rug­be­taal? Aikô­na.”

Chris Louw sê in re­ak­sie op die nuus dat die geld moont­lik te­rug­be­taal sal moet word: “Hoe kan on­wet­ti­ge af­trek­kings dalk te­rug­be­taal word? Dit móét te­rug­be­taal word.”

’n Paar men­se spreek hul kom­mer uit oor E­d­con se fi­nan­si­ë­le po­si­sie.

Sa­ke het on­langs be­rig E­d­con se skuld­ei­sers moes hom oor­neem om­dat hy nie sy skuld kon te­rug­be­taal nie. Dit was na­dat ’n A­me­ri­kaan­se be­leg­gings­maat­skap­py die win­kel­groep in 2006 met ’n hoop skuld van be­leg­gers ge­koop het en sy ver­ko­pe net nie gou ge­noeg kon groei om die skuld gou ge­noeg te­rug te be­taal nie.

S­to­ney S­teen­kamp sê: “Hier­die te­rug­be­ta­lings sal hul­le fi­naal sink.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.