Kos­te is nié al wat saak­maak

Beeld - - Sake -

Kos­te is ’n baie ak­ku­ra­te voor­spel­ler van die op­brengs wat jou ef­fek­te­trust­fonds gaan op­le­wer, maar nie die e­nig­ste fak­tor wat jy in ag moet neem wan­neer jy jou geld be­lê nie.

So sê Ky­le Cox, die be­leg­gings­ont­le­der van Mor­ningstar wat pas na­vor­sing ge­pu­bli­seer het wat be­wys dat goed­ko­per ef­fek­te­trust­fond­se be­ter op­brengs­te op­le­wer as duur ef­fek­te­trust­fond­se.

Maar as be­leg­gers net kos­te in ag neem, kan hul­le be­lê in ’n ef­fek­te­trust­fonds wat goed­koop is, maar nie ’n goeie op­brengs op lang ter­myn kan op­le­wer nie.

Mor­ningstar be­oor­deel fond­se op grond van vyf pi­la­re: ■ Die men­se in be­heer: Wat is die por­te­feul­je­be­stuur­ders se er­va­ring en kwa­li­fi­ka­sies? Hoe word hul­le aan­ge­spoor?

■ Die moe­der­or­ga­ni­sa­sie: Hoe waak die maat­skap­py oor be­leg­gers se geld? Is sy kom­mu­ni­ka­sie goed, ook as fond­se on­der­pres­teer? Be­han­del die fir­ma be­leg­gers bil­lik?

■ Die pro­ses wat die fonds volg: Is daar ’n dui­de­li­ke man­daat en pro­ses wat her­haal kan word?

■ Pres­ta­sie: Hoe vaar die fonds, ver­al op lang ter­myn en deur ver­skil­len­de mark­si­klus­se?

■ Prys: Bied die fonds goeie waar­de vir geld? Hoe is pres­ta­sie­geld ge­struk­tu­reer? Hoe ver­ge­lyk die to­ta­le kos­te wat be­leg­gers moet be­taal met soort­ge­ly­ke fond­se?

Vol­gens Cox se na­vor­sing, waar­oor Sa­ke gis­ter be­rig het, is die op­brengs op mul­ti­ba­te­ef­fek­te­trust­fond­se met lae bloot­stel­ling aan aan­de­le

1,1 per­sen­ta­sie­punt be­ter – 7% vs. 5,9% – in fond­se met die laag­ste kos­te teen­oor fond­se met die hoog­ste kos­te. Vir fond­se met hoë bloot­stel­ling aan aan­de­le is die ver­skil 0,4 van ’n per­sen­ta­sie­punt (6,4% vs. 6%) en vir al­ge­me­ne SuidA­fri­kaan­se aan­de­le­fond­se is die ver­skil 0,7 van ’n per­sen­ta­sie­punt (5,9% vs. 5,2%).

Die op­brengs­te is ge­an­nu­a­li­seer­de to­ta­le op­brengs oor drie jaar (2014-’16) na­dat kos­te af­ge­trek is.

Oor vyf jaar (2012-’16) was daar een ka­te­go­rie fond­se, dié met lae aan­de­le­bloot­stel­ling, waar die duur­ste fond­se be­ter ge­vaar het as die goed­koop­stes (9,2% vs. 8,6%) en een, al­ge­me­ne aan­de­le­fond­se, waar die pres­ta­sie van die duur­ste en goed­koop­ste fond­se die­self­de was (12,3%).

Cox wys daar­op dat die eer­ste 2½ jaar (2012-’14) nog ’n bui­ten­ge­woon sterk bul­mark was, maar ver­al die aan­de­le­beurs die af­ge­lo­pe so­wat 18 maan­de sy­waarts be­weeg het.

In ’n bul­mark maak kos­te nie so­veel saak nie. As die mark daal of sy­waarts be­weeg, vreet kos­te ’n gro­ter per­sen­ta­sie van jou op­brengs op en daar­om het goed­ko­per fond­se die af­ge­lo­pe drie jaar ’n be­ter suk­ses­koers be­haal.

I­de­aal ge­spro­ke moet die sy­fers oor ’n vol­le mark­si­klus – bul én beer – ont­leed word, maar daar was te min fond­se met ’n tien­jaar-pres­ta­sie­ge­skie­de­nis vir die stu­die.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.