Myn­bou­ers hoop­vol vir res van 2017

Beeld - - Sake -

Aan die ein­de van van­jaar se eer­ste kwar­taal ver­trou Rand­gold, Si­ba­nye en G­len­co­re dat hul­le hul pro­duk­sie­doel­wit­te vir die jaar kan be­reik. Al drie maat­skap­pye het gis­ter kwar­taal­re­sul­ta­te tot ein­de Maart uit­ge­reik.

Si­ba­nye

Al is die 330 100 fyn­on­se goud wat hy ge­pro­du­seer het 9% min­der as ’n jaar ge­le­de, het hy die da­ling ver­wag.

Hy het be­sluit om in Sep­tem­ber sy Cooke 4-skag, wat in ver­le­de jaar se eer­ste kwar­taal 13 100 fyn­on­se goud ge­le­wer het, te sluit.

Sy on­der­grond­se be­dry­wig­he­de by sy D­rie­fon­tein-myn het ook 8% (97 700) min­der fyn­on­se ge­le­wer.

Goud­pro­duk­sie by Be­a­trix en Kloof het met 1% tot on­der­skei­de­lik 70 000 fyn­on­se en 102 900 fyn­on­se ge­styg.

Si­ba­nye fo­kus nou al hoe meer op pla­ti­num.

Hy het ver­le­de jaar Ang­lo Pla­ti­num se Rus­ten­burg-my­ne ge­koop.

Aan­deel­hou­ers van Si­ba­nye en S­til­l­wa­ter Mi­ning in die VSA het op 25 A­pril vir die $2,2 mil­jard-ver­kry­ging van die S­til­l­wa­ter-pla­ti­num­myn in die deel­staat Mon­ta­na ge­stem.

Si­ba­nye het gis­ter­og­gend teen R26,47 per aan­deel op die JSE be­gin ver­han­del.

Rand­gold

Rand­gold Re­sour­ces, wat in Se­ne­gal, Ma­li, die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go Si­ba­nye se Kroon­dal­pla­ti­num­myn na­by Rus­ten­burg. en die I­voor­kus werk, sê goud­ver­ko­pe het met 10% tot $409,6 mil­joen ge­daal ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge kwar­taal. Dit is wel nog 18% ho­ër as ’n jaar ge­le­de.

Rand­gold sê die sty­ging is van­weë ho­ër pro­duk­sie en ’n ho­ër ge­mid­del­de goud­prys as ver­le­de jaar se eer­ste kwar­taal.

Rand­gold het gis­ter­og­gend in Lon­den meer as 1% ho­ër teen £66,85 per aan­deel ver­han­del.

G­len­co­re

Swak weers­toe­stan­de was G­len­co­re se do­ring in die vlees.

Pro­duk­sie vir die kwar­taal teen­oor ’n jaar ge­le­de:

■ Ko­per: 3% la­er op 324 100 t; ■ Sink: 9% ho­ër op 279 000 t; ■ Nik­kel: 10% la­er op 24 900 t ■ Fer­ro­chroom: 10% ho­ër op 439 000 t; en

■ Steen­kool: 4% ho­ër op 30,9 mil­joen ton.

G­len­co­re het gis­ter­og­gend in Lon­den by­kans 1% ho­ër teen £2,87 per aan­deel ver­han­del.

Fo­to: SI­BA­NYE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.