Werk van SA se fo­to­gra­we in Lon­den

VEI­LINGS Sot­he­by’s hou in­wy­dings­ver­ko­ping van A­fri­ka­kuns

Beeld - - Eiendomme & Veilings - El­ma Klop­pers

Fo­to’s van Suid-A­fri­ka se voor­ste fo­to­gra­we gaan deel uit­maak van Sot­he­by’s se in­wy­dings­ver­ko­ping van mo­der­ne en kon­tem­po­rê­re A­fri­ka-kuns op 16 Mei in Lon­den.

Dié in­ter­na­si­o­na­le vei­lings­huis sluit aan by ’n hand­vol in­ter­na­si­o­na­le rol­spe­lers wat tot die A­fri­ka-kuns­mark toe­ge­tree het van­weë ’n eks­po­nen­si­ë­le toe­na­me in die mark­vraag van ver­sa­me­laars wê­reld­wyd.

Han­nah O’Le­a­ry, Sot­he­by’s se hoof van mo­der­ne en kon­tem­po­rê­re A­fri­ka-kuns, sê on­danks die lang­ver­wag­te reg­stel­ling, ver­teen­woor­dig die mark steeds slegs 0,01% van die in­ter­na­si­o­na­le kuns­mark.

Wer­ke van be­ken­de fo­to­gra­we soos Da­vid Gold­blatt en Mik­ha­el Su­bot­zky gaan groot af­trek kry op dié vei­ling.

Su­bot­zky is ver­al be­kend om sy ver­ken­ning van die post­a­part­heid-le­we in die land. Sy fo­to met die ti­tel Playing with Plas­tic, Toe­koms­rus, Beau­for­tWes, gaan na ver­wag­ting vir tus­sen £6 000 en £9 000 ver­koop.

Gold­blatt, ’n do­ku­men­tê­re fo­to­graaf, se Diep­sloot kan tus­sen £8 000 en £12 000 haal.

Kuns­wer­ke van tal­le an­der Suid-A­fri­kaan­se kuns­te­naars gaan ook on­der die ha­mer kom, in­slui­ten­de dié van Irma S­tern, J.H. Pier­neef, Wil­li­am Ken­trid­ge, Pen­ny Si­o­pis en Ephraim N­ga­ta­ne.

Bonhams was die eer­ste vei­lings­huis wat agt jaar ge­le­de al die voor­tou ge­neem het met die ver­koop van Suid-A­fri­kaan­se kuns en on­langs het die Fran­se vei­lings­huis Pi­a­sa ook op die A­fri­ka-kuns­mark be­gin fo­kus.

“Kuns uit A­fri­ka en SuidA­fri­ka is een van die sterk­ste groei-a­re­as in die hui­di­ge kuns­mark,” sê Giles Peppiatt, Bonhams se di­rek­teur van A­fri­ka­kuns.

Hy sê die feit dat Sot­he­by’s in Bonhams se voet­spo­re volg, be­ves­tig dat dit die reg­te be­sluit was om des­tyds tot die mark toe te tree.

“Son­der twy­fel sal nóg rol­spe­lers in die toe­koms by­kom, wat ’n goeie ding is, maar ek is vol ver­troue dat Bonhams die mark­lei­er sal bly.”

Kuns uit A­fri­ka en Suid­A­fri­ka is een van die sterk­ste groei­a­re­as in die hui­di­ge kuns­mark.

— GILES PEPPIATT, BONHAMS

Die Suid­A­fri­kaan­se fo­to­graaf Mik­ha­el Su­bot­zky se Playing with Plas­tic, Toe­koms­rus, Beau­fort­Wes, wat deel van Sot­he­by’s se A­fri­ka­kuns­ver­ko­ping in Lon­den gaan uit­maak. Fo­to: SOT­HE­BY’S

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.