Die ein­de van ’n era

Beeld - - Eien­dom­me & Veilings -

Dit sal die ein­de van ’n era wees wan­neer die be­ken­de Cop­per­hou­se An­ti­ques op Sa­ter­dag 6 Mei ’n mas­sie­we dag­lan­ge on­ge­re­ser­veer­de o­pen­ba­re vei­ling deur Old Jo­han­nes­burg Wa­re­hou­se op die per­seel in Lan­se­ria aan­bied.

Die 88-ja­ri­ge ei­e­naar van Cop­per­hou­se An­ti­ques, al­ge­meen be­kend as Ma­da­me Ser­cu, was ’n ge­lief­de fi­guur in die wê­reld van an­tie­ke meu­bels en veilings. Sy het al­tyd ’n ge­re­ser­veer­de stoel vir haar­self by al die be­lang­rik­ste veilings ge­had, en het al die groot an­tiek­han­de­laars en -mark­te be­soek om voor­raad vir Cop­per­hou­se te be­kom.

Cop­per­hou­se An­ti­ques in Lan­se­ria is al by­na twee de­ka­des vir die pu­bliek ge­sluit, met die mees­te van sy voor­raad steeds waar dit was toe hul­le ge­sluit het. Die Ser­cu-fa­mi­lie gaan nou die he­le in­houd van die win­kel op ’n vei­ling ver­koop.

Die in­houd sluit in an­tie­ke meu­bels en pe­ri­o­de­meu­bels soos ar­moi­res, kus­sing­kas­te, ta­fels, spie­ël­kas­te, kas­te, eet­ka­mer­ta­fels, ta­fels en stoe­le, sit­ka­mer­stel­le, as­ook ’n klom­pie Suid-A­fri­kaan­se kuns­wer­ke en skil­de­rye. Daar is ook glas-, kris­tal- en ke­ra­miek­wa­re, au­to­mo­bi­lia, skaars boe­ke en af­druk­ke en Per­sie­se en Oos­ter­se mat­te.

Die in­houd sal aan­klank vind by ver­sa­me­laars en han­de­laars, want dit maak voor­sie­ning vir al­le moont­li­ke sma­ke en be­gro­tings.

Be­sig­ti­ging vir dié vei­ling is Vry­dag 5 Mei van­af 08:30 tot 18:00 en Sa­ter­dag van­af 08:00 tot die be­gin van die vei­ling om 09:30. Ge­druk­te ka­ta­lo­gus­se sal Vry­dag 5 Mei gra­tis be­skik­baar wees vir ge­re­gis­treer­de ko­pers as­ook op die vei­lings­dag. Dit is reeds aan­lyn be­skik­baar by www.old­j­waucti­o­neers.com.

Vir meer in­lig­ting en ’n padkaart volg die vei­lings­huis op Facebook en vir e­ni­ge na­vrae s­ka­kel

011 836 1650 of stuur e-pos na in­fo@old­j­waucti­o­neers.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.