Ge­sins­huis op mas­sie­we erf te kry

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Die per­fek­te ge­sins­huis op ’n mas­sie­we erf van 11 182 m² in Knys­na Heig­hts, Knys­na, aan die Tuin­roe­te, word per stil­le ten­der deur Raw­son Aucti­ons We­stern Ca­pe op­ge­veil.

Die rig­lyn­prys is R1,2 mil­joen, maar al­le aan­bie­dings sal in o­ën­skou ge­neem word.

Die huis het drie slaap­ka­mers, twee vol­le­di­ge bad­ka­mers, ’n gas­te­bad­ka­mer, ’n kom­buis met ’n op­was­ka­mer en ’n oop­plan-sit-eetkamer.

Die in­rig­ting is mo­dern en styl­vol met hout­vloe­re.

Vir kin­ders is daar ’n speel­a­rea met ’n tram­po­lien, swaaie en ’n pop­huis.

Die huis is op ’n heu­wel ge­bou en toe­ge­rus met ’n hout­dek, wat uit­kyk op die aan­gren­sen­de woud. Daar is on­der­dak­par­keer­plek vir twee voer­tuie.

Ten­ders sluit op 31 Mei om 12:00 en aan­bie­dings kan by die Raw­son Pro­per­ty Group se hoof­kan­toor in Ron­de­bosch in­ge­dien word. Vir meer in­lig­ting, kon­tak Hans Buys of Ta­nya Jo­va­no­vski by on­der­skei­de­lik

082 964 6852 en 021 837 1700 .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.