‘Ver­an­der dié huis in ’n ju­weel’

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

’n E­nor­me dub­bel­ver­die­ping­huis op ’n erf van 1 115 m² in Win­ches­ter Hills in Jo­han­nes­burg word vol­gen­de week deur Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) op ’n vei­ling ver­koop.

Die huis, wat by­na 85% vol­tooi is, word in op­drag van ’n fi­nan­si­ë­le in­stel­ling met spesiale vol­mag on­der die ha­mer ge­bring.

Jaco du Toit van PVA se ei­en­doms­af­de­ling sê die vei­ling bied ’n ge­leent­heid aan be­leg­gers met ’n “oog vir po­ten­si­aal” om in die ge­sog­te ge­bied te be­lê.

Die huis op ver­skil­len­de vlak­ke het on­der meer vier ruim slaap­ka­mers waar­van twee en sui­te-bad­ka­mers het, ’n in­gangs­por­taal, ’n sit­ka­mer, ’n eetkamer, ’n gas­te­toi­let en ’n kom­buis met ’n op­was­ka­mer.

Ver­der is daar drie mo­tor­hui­se, huis­hulp­ver­blyf met ’n bad­ka­mer, en ’n stoor­ka­mer.

“Met ’n paar af­ron­dings hier en daar kan dié sier­steen­huis in ’n ju­weel om­ge­ska­kel word, wat ’n goeie op­brengs op be­leg­ging in ’n kort tyd sal le­wer, sê Du Toit.

Die vei­ling word Maan­dag om 11:00 op die per­seel in Fran­gi­pa­nistraat

in Win­ches­ter Hills, Uit­brei­ding 3, ge­hou.

Vir meer in­lig­ting, ska­kel PVA by 011 789 4375 of be­soek www.park­vil­la­geaucti­ons.co.za.

Dié e­nor­me huis in Win­ches­ter Hills in Jo­han­nes­burg wat by­na 85% vol­tooi is, word vol­gen­de week deur PVA op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.