Groot ver­sa­me­ling mo­tor­fiet­se uit die 1920’s be­skik­baar

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Die B­rit­se vei­lings­huis van klas­sie­ke wie­le, H&H Clas­si­cs, gaan op 2 Ju­nie tal­le mo­tor­fiet­se, hoof­saak­lik af­koms­tig uit die brul­len­de 1920’s op ’n vei­ling by sy nu­we per­seel, die Na­ti­o­nal Mo­tor­cy­cle Mu­seum in Bic­ken­hill na­by So­li­hull in die B­rit­se Wes-Mid­del­land, op­veil.

Die to­ta­le ver­sa­me­ling word son­der re­ser­we van die hand ge­sit.

34 van die fiet­se is in ’n ou s­kuur op ’n plaas in Berks­hi­re ge­kry.

Mark Bry­an van H&H Clas­si­cs se mo­tor­fiets­af­de­ling, sê die ver­sa­me­ling bied ’n fan­tas­tie­se ge­leent­heid vir mo­tor­fietslief­heb­bers om van die groot na­me in die B­rit­se mo­tor­fiets­be­dryf in die

1920’s in ’n be­trek­lik goeie toe­stand te koop.

“Die fiet­se het mis­kien vir ’n paar jaar nie ge­ry nie, maar hul­le be­no­dig net ’n bie­tjie lief­de­vol­le op­knap­pings­werk.”

On­der die mo­tor­fiet­se tel ’n 1924 Hum­ber 350, ’n 1924 BSA “Round­tank” Ju­ni­or en ’n 1928 T­ri­umph NP.

Bry­an sê die fiet­se is oor­spronk­lik en al­mal ge­skik vir die Ban­bu­ry Run, wat van­jaar sy 69ste ver­jaar­dag her­denk.

Dit is die groot­ste by­een­koms van pre-1931-mo­tor­fiet­se ter wê­reld.

Fo­to’s: H&H CLAS­SI­CS

Die 1924 Hum­ber 350 word op 2 Ju­nie deur H&H Clas­si­cs by sy nu­we per­seel, the Na­ti­o­nal Mo­tor­cy­cle­mu­seum in Bic­ken­hill op­ge­veil.

Die ver­sa­me­ling mo­tor­fiet­se, waar­van 34 in ’n ou s­kuur op ’n plaas in Berks­hi­re ge­vind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.