Com­brinck, Tamb­we brul vir Goue Leeus

Blou Bul­le ver­sterk agt­tal met Boom

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Die S­pring­bok Ru­an Com­brinck sal mô­re in Al­ber­ton sy te­rug­keer maak wan­neer hy vir die Goue Leeus in die Su­per­Sport-uit­daag­reeks uit­draf.

Dit is Com­brinck se eer­ste wed­stryd ná die skou­er­be­se­ring wat hy ver­le­de sei­soen op die Bok­ke se jaar­eind­toer in Car­diff op­ge­doen het.

Die be­lo­wen­de Ma­dosh Tamb­we, wat nie die Ju­ni­or Bok­span ge­haal het nie om­dat hy nie Suid-A­fri­kaan­se bur­ger­skap het nie, is Com­brinck se vleu­el­maat.

Die Leeus en die Blou Bul­le sal daar­op uit wees om hul­le aan die bo­punt van die Su­per­Sport-uit­daag­reeks se noor­de­li­ke groep te ves­tig.

Ná die Bul­le se se­ge van 50-25 oor die Wel­witschi­as in Wind­hoek, kom hul­le op Lof­tus Vers­feld teen Ru­dy Jou­bert se Val­ke te staan.

Die Oos-Ran­ders sal met baie self­ver­troue P­re­to­ria toe reis na­dat hul­le self ver­le­de maand ’n vyf­tig­tal (5033) teen die Na­mi­bi­ërs in Kemp­ton Park be­haal het.

Po­te Hu­man, die Bul­le se af­rig­ter, het sy agt­tal ver­sterk met die in­slui­ting van die oud-C­hee­tah Boom Prins­loo, wat hom die week by die Bul­le aan­ge­sluit het, en S­haun A­den­dorff.

Die oud-S­tor­mer John­ny Kot­ze is op bui­te­sen­ter ge­kies na­dat hy van ’n be­se­ring her­stel het.

“Dit is lek­ker om er­va­re spe­lers soos John­ny, Boom en S­haun te kan kies. Die Val­ke gaan ’n taai teen­stan­der wees en hul­le het ons klip­pe laat kou in die op­warm­wed­stryd vroe­ër die sei­soen,” sê Hu­man.

■ Die Leeus het met hul oor­win­ning die af­ge­lo­pe na­week oor ’n sterk Pu­ma-span ge­wys hul­le is een van die vroeë guns­te­lin­ge.

Ba­fa­na Nhle­ko, die Leeus se af­rig­ter, moes ’n groot gros ver­an­de­rings maak met sy kap­tein, Ja­no Ven­ter, Fa­bi­an Booy­sen, Mar­vin O­rie, Ger­rie La­bu­schag­ne, Sti Sit­ho­le en Ba­rend S­mit al­mal op die be­se­rings­lys by El­lis­park.

■ Die Lui­perds sal van­dag in Pot­chef­stroom teen ’n Vry­staat XV-tal hoop om hul on­oor­won­ne sta­tus in die reeks te be­hou. Mô­re sal die G­rif­fons en Haaie in Wel­kom speel, en die Boland en WP in Veld­drif.

Ru­an Com­brinck Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.