Dit lyk na we­ë­moed in Wel­ling­ton . . .

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Het die S­tor­mers reeds ’n wit vlag ge­hys voor van­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton?

Kyk jy na die be­na­de­ring vir van­dees­week, kan ’n mens nie help om daar­die ver­moe­de te hê nie. Die S­pring­bok-slot­te E­ben Et­ze­beth en Pie­ter-S­te­ph du Toit is huis toe met ske­te, die Bok-vas­kop­stut Frans Mal­her­be rus en Ju­an de Jongh en Ryn­hardt El­stadt is nie ge­kies na­dat hul­le ont­bied is nie.

Ter­wyl hul­le dit nie sal er­ken nie, lyk dit of die af­rig­ting­span se kop­pe dalk al by ’n wed­stryd is waar hul­le ’n veel be­ter kans staan om te wen: die een hier­na op 19 Mei teen die Blu­es op Nu­we­land.

Nie­te­min sou dit in­te­res­sant ge­wees het om te hoor wat die S­tor­mers van­dees­week on­der me­kaar ge­sê het. Die groot ge­spreks­punt is die ver­de­di­ging, waar Paul T­reu, die man in be­heer van daar­die por­te­feul­je, dalk die­self­de frus­tra­sie ver­duur as Robbie Fleck, die hoof­af­rig­ter, toe hy des­tyds on­der Al­lis­ter Coet­zee moes werk.

Coet­zee is ’n voor­stan­der van kon­ser­wa­tie­we rug­by, wat be­te­ken het dat Fleck nie vol­doen­de be­mag­tig is nie, maar steeds in die o­pen­ba­re oog die re­de vir die S­tor­mers se flou aan­val­len­de spel was.

T­reu be­vind hom nou in ’n po­si­sie waar hy plan­ne moet be­raam vir ’n span wat kwes­baar is in die wye ka­na­le en hom­self kon­stant vir teen­aan­val­le oop­laat.

Ter­wyl T­reu nie ver­ant­woor­de­lik­heid kan ont­duik nie, gaan die op­los­sing vir die pro­bleem by Fleck be­gin. Om in twee wed­stry­de 17 drieë af te staan dui nie net op swak struk­tu­re op die ver­de­di­ging nie, maar op ’n pro­bleem in be­na­de­ring en uit­voe­ring.

Die S­tor­mers speel die wed­stryd teen ’n tem­po wat Ki­wi-span­ne soos ’n hand­skoen pas. Daar­mee saam suk­kel hul­le met die Ni­euSee­lan­ders se op­skiet­ver­de­di­ging en is hul­le ver­le­de week op ’n punt ge­dwing om een­man­hard­lo­pers te ge­bruik om mo­men­tum te pro­beer kry.

Die een po­si­tie­we punt vir ’n S­tor­mers-span wat van­dag in se­ke­re po­si­sies min om die lyf gaan hê, is dat nie­mand van hom ver­wag om te wen nie.

Aan die an­der kant wil jy ook nie naam weg­gooi nie en die Hur­ri­ca­nes is een van daar­die span­ne wat e­ni­ge an­der op die dag baie sleg kan laat lyk.

Ho­pe­lik raak dit nie we­ë­moe­dig in Wel­ling­ton nie.

Ni­zaam Carr

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.