Les­se van 2016 sal baie help, sê o.20­kap­tein

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Ernst van R­hyn, kap­tein van van­jaar se Ju­ni­or S­pring­bok­span, hoop die er­va­ring wat hy ver­le­de jaar as ad­ju­dant op­ge­doen het, is deur­slag­ge­wend in sy span se veld­tog om as o.20-Wê­reld­kam­pi­oen ge­kroon te word.

Die Ju­ni­or S­pring­bok­ke se veld­tog in die Wê­reld­toer­nooi in T­bi­li­si, Ge­or­gië, be­gin op 31 Mei met ’n wed­stryd teen Frank­ryk. Hul­le pak Ge­or­gië daar­na op 4 Ju­nie voor­dat hul­le Ar­gen­ti­nië op 8 Ju­nie in hul laas­te wed­stryd in Groep C aan­durf.

Vol­gens Van R­hyn, wat ’n me­de-on­der­kap­tein van die Jong

Bok­ke in ver­le­de jaar se toer­nooi in Man­ches­ter was, het hy waar­de­vol­le les­se in En­ge­land ge­leer. Dis les­se wat hy nou met die nu­we man­ne in van­jaar se groep wil deel.

Een daar­van is dat hul­le nie e­ni­ge van hul teen­stan­ders in die groep­fa­se durf on­der­skat nie, ver­al nie ’n span soos Ar­gen­ti­nië nie, wat die Bok­ke twee keer in Man­ches­ter ge­klop het.

Die Ju­ni­or S­pring­bok­ke moes ver­le­de jaar met ’n vier­de plek te­vre­de wees na­dat die Ar­gen­ty­ne hul­le ’n drag slae met 19-49 in die uit­speel­wed­stryd om die der­de plek ge­gee het.

Die Jong Bok­ke is ook met 1913 deur die Suid-A­me­ri­ka­ners in groep­fa­se ge­klop.

En­ge­land, wat as kam­pi­oen ge­kroon is, het Suid-A­fri­ka met 3917 in die half­eind­ron­de uit­ge­ska­kel.

Van R­hyn glo eg­ter van­jaar kan daar veel be­ter van hom en sy span­maats ver­wag word.

“Ons het duur les­se in ver­le­de jaar se toer­nooi ge­leer, maar ek dink dit was goed, want ek glo dit het baie van ons wat weer ’n kans kry meer op­ge­was­se ge­maak.

“Ons groot doel is nou om die land weer trots op ons as rug­by­spe­lers te maak. Son­der om nou ver­le­de jaar se groep met van­jaar s’n te ver­ge­lyk, dink ek ons het ’n baie ster­ker span wat ge­laai is met ta­lent­vol­le spe­lers,” sê Van R­hyn.

Die voor­ma­li­ge kap­tein van Paarl Gim­na­si­um se o.19A-span in 2015, is eg­ter op die ag­ter­voet ra­ken­de sy ge­reed­heid vir van­jaar se toer­nooi.

Hy moes ’n knie­be­se­ring af­skud om se­ker te maak hy gee hom­self die kans om vir C­he­an Roux, Ju­ni­or S­pring­bok-af­rig­ter, se fi­na­le groep van 28 ge­kies te word.

Vol­gens Roux was dit die werk wat Van R­hyn in­ge­sit het om se­ker te maak hy her­stel van sy be­se­ring, wat die Ju­ni­or S­pring­bok­brei­er oor­tuig het dat hy ver­dien om in die fi­na­le groep te wees en die span te lei.

Ernst van R­hyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.