C­hee­tahs slyp aan ver­de­di­ging

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Laat die Ki­wi’s nou óók kreun!

Ge­meet aan die har­de werk wat die C­hee­tahs die af­ge­lo­pe week op die oe­fen­veld aan hul ver­de­di­ging ge­doen het, sal bo­ge­noem­de sin straks ’n be­lang­ri­ke e­le­ment wees van Fran­co S­mith, die af­rig­ter, se span­praat­jie voor van­aand wed­stryd teen die High­lan­ders.

Die Vry­sta­ters se ver­de­di­ging het hul­le in hul laas­te paar wed­stry­de le­lik in die steek ge­laat en hul­le het teen die C­hiefs, die Bul­le en die Cru­sa­ders 15 drieë af­ge­staan. Daar­om het die duik­sak­ke die laas­te paar dae in Bloem­fon­tein or­dent­lik ge­kreun.

Die C­hee­tahs se skrum­ska­kel Ti­an Mey­er, wat in sy 50ste Su­per­rug­by-wed­stryd speel, meen die span se ver­de­di­ging is eint­lik heel goed, maar dat hul­le as ’n een­heid sal moet ver­de­dig teen die High­lan­ders.

“Ons het teen die C­hiefs en Cru­sa­ders ge­wys dat ons ons wed­stryd­plan op span­ne kan af­dwing, maar ons sal dit vir 80 mi­nu­te moet doen,” sê hy.

Mey­er se ska­kel­maat sal F­red Zei­lin­ga wees. Zei­lin­ga, wat steeds die span se voor­ste pun­te­ma­ker is, hoop sy her­in­slui­ting kan ’n hup­stoot wees.

To­ny Bro­wn, die High­lan­ders se af­rig­ter, het aan die O­ta­go Dai­ly Ti­mes ge­sê hul­le ver­wag ’n goeie uit­da­ging, al het die C­hee­tahs ver­le­de week met 21-48 teen die Cru­sa­ders ver­loor.

“Die C­hee­tahs is ’n a­von­tuur­lus­ti­ge span wat aan­val­len­de rug­by speel,” het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.