Boks­kry­te kreun weer die na­week

Beeld - - S­port - Mi­cha­el G­reen

Bok­sen­toe­si­as­te het skaars kans ge­kry om a­sem te skep ná ver­le­de week se skit­te­ren­de ge­veg tus­sen An­tho­ny Jos­hua en Wla­di­mir K­litschko, of die vuis­te klap weer.

T­wee ge­swo­re vy­an­de – al­bei Mex­i­ka­ne – kom mô­re in Las Ve­gas, A­me­ri­ka, teen me­kaar te staan in ’n ge­veg wat die be­lang­stel­ling gaan­de het.

Saul (Ca­ne­lo) Al­va­rez en Ju­lio Ce­sar C­ha­vez jr. dreig al ja­re om hand­ge­meen te raak en nou gaan dit ein­de­lik ge­beur.

Al­va­rez word gro­ten­deels as die guns­te­ling be­skou, maar e­nig­iets kan ge­beur.

Om­dat Al­va­rez laas as ’n wel­ter­ge­wig en C­ha­vez as ’n su­per­mid­del­ge­wig ge­boks het, is daar tus­sen hul­le oor­een­ge­kom om nie swaar­der as 74 kg (164 pond) vir die ge­veg in te weeg nie.

As e­nig­een oor­ge­wig is, wag ’n straw­we boe­te op hom.

■ Jo­seph Par­ker van Nieu-See­land ver­de­dig mô­re sy swaar­ge­wig­ti­tel van die Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie in Ma­nu­kau Ci­ty, Auck­land, teen Ra­z­van Co­ja­nu van Roe­me­nië.

Ná Jos­hua se oor­win­ning oor K­litschko is die swaar­ge­wig­af­de­ling skie­lik weer on­der die ver­groot­glas.

Par­ker durf nie teen Co­ja­nu ver­loor nie, aan­ge­sien ’n ge­veg teen Jos­hua – die Wê­reld­boks­ver­e­ni­ging, In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie en In­ter­na­si­o­na­le Boks­or­ga­ni­sa­sie se kam­pi­oen – dalk in die toe­koms op hom wag.

De­on­tay Wil­der, die Wê­reld­boks­raad se kam­pi­oen, het van­dees­week ook weer ’n uit­da­ging aan Par­ker ge­rig.

Maar Par­ker moet eers met Co­ja­nu af­re­ken. Die 30-ja­ri­ge Co­ja­nu was voor­heen een van Par­ker se skerm­maats.

Hy het die ge­veg op ’n laat uit­no­di­ging aan­vaar toe die B­rit Hugh Fu­ry hom weens ’n rug­be­se­ring ont­trek het.

■ Die vuis­te klap ook van­aand in die O­rient-a­re­na in Oos-Lon­den waar die be­lo­wen­de A­zin­ga Fu­zi­le sy Suid-A­fri­kaan­se veer­ge­wig­ti­tel teen Syd­ney Ma­lu­le­ka ver­de­dig.

Dié ge­veg be­gin om 19:00.

■ Daar word van­dag om 14:30 in Saal 5 by die Nas­rec-eks­po­sen­trum bui­te Jo­han­nes­burg ’n ge­denk­diens vir die voor­ma­li­ge boks­af­rig­ter Nick Du­randt ge­hou.

Du­randt (53) het ver­le­de maand in ’n mo­tor­fiets­on­ge­luk bui­te Cla­rens ge­sterf.

Jo­seph Par­ker

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.