C­ri­nums se Ma­ry­ka te­rug

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Die Pro­te­as is eers oor ’n paar maan­de weer in ak­sie op die net­bal­baan.

Maar Suid-A­fri­ka se keur­ders en on­der­steu­ners se oë sal dié na­week op die voor­ma­li­ge SA kap­tein Ma­ry­ka Holtz­hau­sen ge­rig wees.

Holtz­hau­sen maak haar te­rug­keer tot die baan na­dat sy in Au­gus­tus ver­le­de jaar ’n erns­ti­ge knie­be­se­ring op­ge­doen het.

Dié 29-ja­ri­ge hulp­doel neem die kap­tein­skap oor van die Vry­staat­se C­ri­nums.

Haar te­rug­keer kan nie op ’n meer ge­leë tyd vir die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen ge­kom het nie, want hy is ná drie wed­stry­de in die P­re­mier­liga nog se­ge­loos.

Na­dat twee ron­des van die reeks in Dur­ban be­slis is, skuif die ak­sie na Kaap­stad.

Die C­ri­nums speel die na­week teen die King­dom S­tars van K­waZu­lu-Na­tal en die Oos-Kaap­se Aloes.

Die Aloes is ook die Sout­hern S­tings van die WesKaap se teen­stan­der. Dit is die S­tings se e­nig­ste wed­stryd die na­week.

Die Oos-Ka­pe­naars het ver­le­de jaar se­wen­de uit tien span­ne ge­ëin­dig. Hul­le lê tans vier­de op die pun­te­leer.

An­ne­lie Lu­cas, die S­tings­af­rig­ter, sê die Aloes is van­jaar ’n an­der span na hul­le die diens­te van Je­a­nie S­teyn (van die Ja­guars) en Lau­renLee Chris­ti­ans (van die C­ri­nums) be­kom het.

“Die twee maak ’n groot ver­skil. Des (Ne­vil­le, hul af­rig­ter) is ’n oud-Bo­lan­der. Ek on­der­skat haar nie as ’n brei­er nie.

“Dit gaan nie ’n mak­li­ke wed­stryd wees nie, maar ek glo ons ver­de­di­gers is dalk net meer er­va­re as hul­le s’n,” sê Lu­cas.

Die S­tings en die Ja­guars van Noord-Gau­teng is die e­nig­ste on­oor­won­ne span­ne.

Die Ja­guars se groot­ste uit­da­ging van die na­week is van­aand se wed­stryd teen die

Fla­mes van Noord­wes.

P­re­mier­liga-wed­stry­de word vir die eer­ste keer ooit in die Kaap aan­ge­bied.

Wed­stry­de is ver­le­de jaar in P­re­to­ria, Jo­han­nes­burg en Dur­ban ge­speel.

Lu­cas glo nie tuis­druk sal die S­tings knou nie.

“Die mei­sies wíl tuis speel. Ons wil die on­der­steu­ners tot ons voor­deel ge­bruik.

“Ver­le­de jaar was daar wed­stry­de

waar nié­mand die S­tings aan­ge­moe­dig het nie,” sê Lu­cas.

Die na­week se wed­stry­de word by die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad be­slis.

Die vol­gen­de twee na­we­ke sal krag­me­tings in die Ve­lo­dro­me in Bell­vil­le ge­speel word.

■ Gra­ce Le­cha­ba (Ba­o­babs) is tans die voor­ste doel­skie­ter met ’n ge­mid­del­de van 92%. On­der die doe­le wie se vi­sie­re in­ge­stel is, tel Me­lan­di P­re­to­ri­us (Fla­mes, 89%), An­ja Ester­hui­zen (Fla­mes, 87%), Ki­fi­loe T­so­tet­si (Fla­mes, 83%, Hé­le­ne S­teyn (S­tings, 83%) en Lin­die Lom­bard (Fi­re­balls, 83%)

Suid­A­fri­ka se keur­ders se oë sal dié na­week op die voor­ma­li­ge SA kap­tein Ma­ry­ka Holtz­hau­sen ge­rig wees, wat ná ’n be­se­ring te­rug­keer as span­lei­er van die C­ri­nums. Fo­to: SASPA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.