Spoed kan B­lit­se vrees laat in­boe­sem

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die oom­blik het dalk aan­ge­breek vir die B­lits­bok­ke om weer ie­mand met groot vaart in se­wes­rug­by se Wê­reld­reeks los te laat.

Die Suid-A­fri­ka­ners se span vir die vol­gen­de toer­nooie in Pa­rys (13 en 14 Mei) en Lon­den (20 en 21 Mei) word van­dag ge­kies.

Daar is reeds be­ves­tig dat Ro­sko S­pe­cman, een van die B­lit­se se haas­tig­ste ag­ter­spe­lers, sy te­rug­keer van ’n dy­spier­be­se­ring sal maak. Hy het die toer­nooie in Hong­kong en Sin­ga­poer mis­ge­loop.

S­pe­cman word deur Fa­bi­an Ju­ries, voor­ma­li­ge re­kord­hou­er vir die mees­te drieë vir die B­lits­bok­ke (179 in 44 toer- nooie), as ’n “spesiale s­pe­ler” be­skryf.

“Hy het spoed, kan sy teen­stan­ders pyp­kan en het die ver­moë om iets uit ab­so­luut niks te skep,” sê Ju­ries.

Maar die B­lit­se moet dalk nóg ’n spoed­vraat saam Eu­ro­pa toe neem as hul­le die laas­te twee toer­nooie wil wen.

Mo­sol­wa Ma­fu­ma, wat tot dus­ver ge­dul­dig by die S­tel­len­bosch A­ka­de­mie vir S­port sy kans af­ge­wag het, is die per­fek­te kan­di­daat.

Daar is voor­heen be­rig dat Ma­fu­ma die 100 m in ’n tyd van net sta­di­ger as 10 se­kon­des af­blits.

Vol­gens Ju­ries kan só ’n spoed­vraat weer die B­lit­se in Pa­rys en Lon­den in die ge­vrees­de span om­skep wat hul­le

vroe­ër in die sei­soen was.

“Die te­kort aan vaart het be­slis ’n groot rol in die B­lit­bok­ke se on­lang­se ver­to­nings ge­speel,” sê Ju­ries. “Wan­neer jy ’n span kies, moet jy ie­mand kies wat ’n spoed­vraat is. Kyk maar net na Per­ry Ba­ker, hy maak ’n groot ver­skil in die A­me­ri­kaan­se span,” meen Ju­ries.

Die kans is skraal dat Neil Po­well, B­lits­bok-af­rig­ter, met Ma­fu­ma sal waag. As hy Ma­fu­ma kies, sal hy waar­skyn­lik vir Si­vi­we Soyi­z­wa­pi by die huis moet los.

Soyi­z­wa­pi ken sy pad na die doel­lyn, maar is nie so vin­nig soos ’n Ma­fu­ma, Se­nat­la of selfs S­pe­cman nie.

Wat in Soyi­z­wa­pi se guns tel, is er­va­ring (11 toer­nooie), maar hy is self ook nog be­sig om sy voe­te as ’n ge­reel­de span­lid te vind.

Ma­fu­ma se bes­te kans om er­va­ring op te doen, sal dalk as nie-spe­len­de re­ser­we in die toer­groep van 13 wees.

Die laas­te twee toer­nooie bly vol­gens Ju­ries ’n per­fek­te ge­leent­heid om jon­ger spe­lers, met die oog op vol­gen­de sei­soen, speel­kans te gee.

Hy glo nie die B­lit­se kan op hui­di­ge spel­peil meer deur e­ni­ge van die an­der span­ne in­ge­haal word in die wed­loop om die Wê­reld­reeks­ti­tel nie.

“Hul­le het tot dus­ver uit­ste­kend ge­vaar en het my ook ver­baas met die feit dat hul­le son­der ver­skeie staat­ma­kers steeds die eind­stryd van die Hong­kong-toer­nooi kon haal.”

Suid-A­fri­ka is voor op die pun­te­lys met 157 pun­te en ge­niet ’n ge­rief­li­ke voor­sprong van 25 oor Fidji (132), wat die twee­de plek be­klee.

En­ge­land (130) is der­de en Nieu-See­land (110) vier­de.

Ro­sko S­pe­cman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.