Baie op die spel vir Lam­bie

Nie baie tyd om hom te be­wys

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Vier Su­per­rug­by-wed­stry­de.

Dít is hoe­veel tyd die S­pring­bok-los­ska­kel Pa­trick Lam­bie het om te be­wys hy is die aan­ge­we­se kan­di­daat om die Bok­ke se nr. 10-trui in die toets­reeks teen Frank­ryk in Ju­nie te dra.

Lam­bie keer mô­re te­rug van ’n rug­be­se­ring vir die Haaie se wed­stryd teen die We­stern For­ce in Dur­ban.

Hy het op 4 Maart teen die Wa­ra­tahs dié be­se­ring op­ge­doen. Lam­bie is op die plaas­ver­van­ger­bank vir die stryd teen die For­ce ge­kies.

Dié S­pring­bok se te­rug­keer kom net op die reg­te tyd vir die Haaie. Die 19-ja­ri­ge ge­ne­raal Cur­win Bosch sluit hom Son­dag by die Ju­ni­or S­pring­bok-span aan wat aan­staan­de maand aan die o.20-Wê­reld­toer­nooi in T­bi­li­si, Ge­or­gië, deel­neem.

Lam­bie be­hoort dus aan­staan­de week teen die Kings reeds sy plek in die Haaie se be­gin­span in te neem.

Ro­bert du P­reez, die Haaie se brei­er, is ui­ter­aard ver­heug oor die te­rug­keer van Lam­bie, wat aan die be­gin van die jaar as sy kap­tein aan­ge­wys is.

“Dit is won­der­lik om vir Pat te­rug te hê; sy ge­moeds­toe­stand is ook goed. Sa­ter­dag sal Cur­win se laas­te wed­stryd voor die toet­se in Ju­nie wees, want hy sluit hom by die o.20span aan. Ons was in ’n sta­di­um ’n bie­tjie be­kom­merd dat Pat nie be­tyds gaan reg wees nie, maar dit het al­les goed uit­ge­werk met hom wat te­rug­keer net voor­dat Cur­win ver­trek,” sê Du P­reez.

Ná die stryd teen die Kings speel die Haaie teen die Sun­wol­ves in Sin­ga­poer. Daar­na wag ’n groot stryd op Kings­park wan­neer die S­tor­mers na

Dur­ban op­ruk voor­dat die toets­pe­ri­o­de in Ju­nie aan­breek.

Vir Sa­ter­dag se stryd teen die For­ce het Du P­reez ook ’n paar ver­an­de­rin­ge aan sy be­gin­span, wat die Ja­gua­res ver­le­de week met 33-25 in Ar­gen­ti­nië ge­klop het, aan­ge­bring.

Die reg­ter­vleu­el Ko­bus van Wyk keer te­rug ná ’n kuit­be­se­ring. Hy ver­vang die er­va­re Od­wa N­dun­ga­ne. Op lin­ker­vleu­el sal Sbu N­ko­si sy Su­per­rug­by-bui­ging maak. Hy ver­vang die S­pring­bok L­wa­zi M­vo­vo, wat vol­gens die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie se re­ëls wat Bok­ke se speel­tyd be­tref, ’n blaas­kans ge­gun word.

Voor­langs ver­vang E­tien­ne Oost­hui­zen, wat ’n puik wed­stryd as plaas­ver­van­ger teen die Ja­gua­res ge­speel het, die slot S­te­phan Le­wies.

Die Bok-stut Coe­nie Oost­hui­zen is te­rug in die be­gin­span in die plek van Lou­rens A­dri­aan­se, wat Oost­hui­zen se plek op die bank in­neem.

Nóg ’n Bok-stut, Be­ast M­ta­wa­ri­ra, is te­rug op die plaas­ver­van­ger­bank na­dat hy ver­le­de week laat rus is.

Pa­trick Lam­bie se te­rug­keer kom net op die reg­te tyd vir die Haaie. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.