Flam­bo­jan­te Faf of eer­der die be­trou­ba­re Ross?

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Ross Cron­jé is te­rug in die be­gin­span teen die Re­bels. ’n I­ta­li­aan­se sport­mo­tor se bril­jan­te oom­blik­ke of ’n Oos­ter­se nuts­voer­tuig se veel­sy­di­ge en be­trou­ba­re deug­de?

Dit is die op­sies wat o­ën­skyn­lik op­ge­weeg moet word wan­neer die Leeus se af­rig­ters­korps week­liks be­sluit wie hul skrum­ska­kel­po­si­sie moet be­man.

Die sport­mo­tor (Faf de Klerk) is in staat tot a­sem­ro­wen­de oom­blik­ke van bril­jant­heid, maar e­wen­eens om die vol­gen­de dag nie te wil aan­ska­kel nie, ter­wyl die nuts­voer­tuig (Ross Cron­jé) jou al­tyd met min dra­ma by jou be­stem­ming sal kry.

Tot dus­ver word ’n ro­ta­sie­be­leid ge­volg met die blink De Klerk (379 mi­nu­te) en die be­trou­ba­re Cron­jé (237 mi­nu­te) wat om die beurt vir die Leeus diens doen. Dit blyk dat swak op­sies deur eers­ge­noem­de teen die For­ce ver­le­de week die deur van­dees­week vir laas­ge­noem­de teen die Re­bels oop­ge­maak het.

Die Leeus het met ruk­ke en sto­te ge­speel voor­dat hul­le ein­de­lik met 24-15 die wa die eer­ste keer in Perth deur die drif kon trek. Vol­gens hul hoof­af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, kan on­der­deur­dag­te be­slui­te deels vir die ge­suk­kel bla­meer word.

“Ons be­sluit­ne­ming, wan­neer om te hard­loop en wan­neer om te skop, was swak (teen die For­ce). Ons het dié week baie tyd daar­aan af­ge­staan,” het Ac­ker­mann gis­ter ge­sê.

Dit is juis hier­die gro­ter o­nus op be­sluit­ne­ming wat Cron­jé moont­lik die be­ter op­sie maak.

Of­skoon daar sta­tis­ties min te kies is tus­sen De Klerk en Cron­jé, is dit Cron­jé se kalm in­vloed, be­ter wed­stryd­be­stuur en min­der fou­te wat deur­slag­ge­wend kan wees. Sy ef­fek­tie­we ver­de­di­ging om los­skrums en sy kli­nie­se skop­voet is ook be­lang­rik. Dié deug­de sal ver­al mô­re goud werd wees teen ’n des­pe­ra­te span soos die Re­bels, wat on­der­aan die Aus­tra­lie­se pun­te­lys is en slegs een uit hul agt wed­stry­de kon wen. Die span het ’n ne­ga­tie­we pun­te­ver­skil van 201, die swak­ste in die reeks.

Die span is ook on­der druk om sy Su­per­rug­by-sta­tus te be­hou en sal dus met ’n groot ver­to­ning tuis wil kom.

“Die Re­bels gaan ’n des­pe­ra­te span wees. Hul­le is ’n span wat met die rug teen die muur is na­dat hul­le ook teen die Kings ver­loor het,” sê Ac­ker­mann.

“Hul­le gaan tuis ’n punt pro­beer be­wys. Ek het vroe­ër van­jaar reeds ge­sê ons het ’n tei­ken op ons rug, on­ge­ag teen wie ons speel. Al­mal wil ons klop.”

As die Re­bels die bord­jies teen die Leeus wil ver­hang, sal hul­le in ver­skeie spel­af­de­lings hul sok­kies moet op­trek.

Die man­ne van Mel­bour­ne het tot dus­ver die min­ste drieë ge­druk (9), die min­ste breek­slae be­werk­stel­lig (60), die min­ste ver­de­di­gers ge­klop (124) en hul lyn­staan­werk is sta­tis­ties die swak­ste in die reeks.

Des­pe­raat­heid kan eg­ter nie met sy­fers ge­meet word nie en Ac­ker­man is hier­van be­wus.

“Die Re­bels het dit nog al­tyd moei­lik ge­maak op hul tuis­veld en ons ver­wag ’n groot aan­slag. Ons moet op ons bes­te wees.”

Fo­to: JACO MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.