Wim­ble­don­ba­se be­krom­pe, sê Nas­ta­se

Beeld - - Sport - – Reuters

I­lie Nas­ta­se, die voor­ma­li­ge Roe­meen­se nr. 1-ten­nis­spe­ler ter wê­reld, het die or­ga­ni­seer­ders van Wim­ble­don as “be­krom­pe” be­stem­pel na­dat hul­le be­ves­tig het hy is nie van­jaar in die ko­nink­li­ke lo­sie wel­kom nie.

Nas­ta­se (70) is voor­lo­pig ge­skors van al­le In­ter­na­si­o­na­le Ten­nisfe­de­ra­sie (ITF)-ge­leent­he­de na­dat hy ver­le­de maand B­rit­se spe­lers in sy rol as Roe­me­nië se nie-spe­len­de Fed­be­ker-kap­tein be­le­dig het.

Nas­ta­se, wat twee Grand Slam-ti­tels in die 1970’s ver­o­wer

het, was reeds in die sop na­dat hy neer­ha­len­de op­mer­kings oor Se­re­na Wil­li­ams se on­ge­bo­re ba­ba ge­maak het.

“Wat het Wim­ble­don te doen met wat ek ge­sê het oor Se­re­na en die Fed­be­ker-wed­stryd in Roe­me­nië?” het Nas­ta­se aan die Roe­meen­se web­blad ProS­port ge­vra.

“As ek iets on­no­sel by Wim­ble­don aan­ge­vang het, sou ek ver­staan het. Maar in hier­die ge­val kan ek dit nie ver­klaar nie. In 1973 toe al­mal ge­wei­er het om by Wim­ble­don te speel (die toer­nooi is deur die As­so­ci­a­ti­on of Ten­nis Pro­fes­si­o­nals, of ATP, ge­boi­kot) het ek ge­speel – tel dit nie vir iets nie?

“As hul­le klein­sie­lig daar­oor gaan wees, is daar niks wat ek daar­om­trent kan doen nie.”

Nas­ta­se het by ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie voor Roe­me­nië se Fed­be­ker-krag­me­ting met die B­rit­te in Roe­meens aan ie­mand ge­sê hy won­der hoe Wil­li­ams se on­ge­bo­re ba­ba gaan lyk. “S­jo­ko­la­de met melk?” het hy spot­tend ge­vra.

Daar­na het hy die Roe­meen­se joer­na­lis wat oor dié woor­de be­rig het, ver­skree, voor hy ty­dens ’n wed­stryd B­rit­tan­je se nr. 1-s­pe­ler, Jo Kon­ta, be­le­dig en in tra­ne ge­had het.

I­lie Nas­ta­se Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.