Stut ge­skors na­dat hy skeids­reg­ter stamp

Beeld - - Sport - – Reuters

Val Ra­pa­va­Rus­kin, ’n stut van die En­gel­se rug­by­klub Wor­ces­ter, is vir ses we­ke ge­skors na­dat hy ’n skeids­reg­ter ge­stamp het.

Dié voor­val, waar G­reg Gar­ner, die skeids­reg­ter, in die rug ge­stamp is, het ver­le­de Vry­dag in ’n P­re­mier­liga­wed­stryd teen die Ne­w­cas­t­le Fal­cons in die Kings­ton Park­sta­di­on in Ne­w­cas­t­le plaas­ge­vind.

Ra­pa­va­Rus­kin, wat in Ge­or­gië ge­bo­re is, is ná die wed­stryd deur die En­gel­se Rug­by­u­nie uit­ge­wys. Hy het skul­dig ge­pleit voor ’n tug­ko­mi­tee, wat be­vind het dat dié voor­val “min­der erns­tig” is, met ver­wy­sing na aan­val­le op skeids­reg­ters.

■ In nóg ’n voor­val ver­le­de week is ’n skeids­reg­ter kat­swink ge­slaan in ’n Fran­se ju­ni­or wed­stryd tus­sen Sain­tEste­ve en Tou­lou­se. Daar­die wed­stryd is af­ge­las om­dat Ben­ja­min Cas­ty, die skeids­reg­ter, hos­pi­taal toe ge­neem moes word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.