Ver­krag­ting: Ni­co­la be­plan fliek, maar kort geld

Ni­co­la Ha­ne­kom is vas­be­slo­te om ’n vol­leng­te rol­prent oor af­spraak­ver­krag­ting te maak. Al moet sy dit op haar sel­foon skiet, het sy aan Wil­le­mien Br­üm­mer ge­sê.

Beeld - - Voorblad - Wil­le­mien Br­üm­mer is ’n spe­si­a­lis-joer­na­lis by Net­werk24 se Stem­me-span.

‘Ek het gis­ter­aand net twee uur ge­slaap,” sê die be­kroon­de ak­tri­se en te­a­ter­ma­ker Ni­co­la Ha­ne­kom waar sy soos ’n op­wen­ha­sie ge­sels in haar en haar man, die ak­teur Grant S­wan­by, se huis in Blou­berg Sands.

Ag­ter haar is ’n boek­rak met on­der meer Film­ma­king for Dum­mies. Haar be­ne is on­der haar in­ge­vou as­of sy e­ni­ge tyd kan op­styg.

Na­dat sy die hoog­ste s­port op die te­a­ter­leer be­reik het, het sy be­sluit om haar vol­gen­de wind­meul te be­storm – ’n vol­leng­te rol­prent oor af­spraak­ver­krag­ting wat sy met be­hulp van ska­re­fi­nan­sie­ring wil maak.

Waar sy op haar Art De­co-stoel sit, om­ring deur haar ewe be­ken­de sus­ter, San­dra Ha­ne­kom, se ma­gie­se kuns­wer­ke, is sy vas­be­ra­de en vu­rig soos al­tyd. “Ek gaan dit (die rol­prent) skiet of ek dit op my sel­foon moet skiet met ’n bie­tjie spoeg en baie moei­te en of ek dit op ’n duur ka­me­ra skiet wat jy huur vir R130 000 per week. Ek gaan dit in elk ge­val maak. Ek gee nie om nie.”

Van­dag, op hier­die stra­len­de herfs­dag net ná die Paas­na­week, is die eer­ste dag dat die In­di­go­go-blad­sy met ’n ver­soek vir ska­re­fi­nan­sie­ring vir haar rol­prent, Cut-out Gi­rls, van sta­pel ge­stuur is.

In dié ril­ler het vyf mei­sies en twee jong mans elk hul eie ver­haal wat uit­ein­de­lik on­heil­spel­lend ver­vloei. Die mans, twee ta­lent­vol­le ten­nis­spe­lers, speel meer as net dub­bel­spel op die baan. Hul­le het ook ’n don­ker fan­ta­sie wat snags ge­stal­te kry dank­sy die af­spraak­ver­krag­tings­d­welm GHB, ook be­kend as li­quid e­csta­sy. Da­ders kan eg­ter ook slag­of­fers word – as ge­volg van vroue wat wei­er om bloot die ly­den­de par­ty te wees. . .

Die rol­prent het ont­staan uit die to­neel­stuk Gi­rls Just Wan­na Ha­ve Fun, wat on­langs met groot suk­ses op die US Woord­fees op­ge­voer is met stu­den­te van die ACT Ca­pe To­wn-skool in hul pro­fes­si­o­ne­le jaar.

Om­dat Ni­co­la, ’n deel­tyd­se do­sent by dié skool, die stu­den­te so goed ge­ken het, het sy be­sluit om vir hul­le iets te skryf “wat vir hul­le iets sou be­te­ken en wat elk­een van hul­le sou laat uit­blink”.

’n Ge­wo­ne Suid-A­fri­kaan­se fliek met ’n re­la­tief klein be­gro­ting kos ge­woon­lik tus­sen R4 mil­joen en R6 mil­joen om te ver­vaar­dig, maar Ni­co­la, ’n

ei­e­tyd­se al­che­mis wat weet hoe om van klein­geld goud te spin, is be­reid om dit met R450 000 te maak.

‘ ’n Pa­ro­die van my­self’

Die be­sluit om deur te druk met dié vol­leng­te fliek is op ’n ma­nier ’n streep in die sand. Dié skep­per van

be­kroon­de ruim­te-spe­si­fie­ke te­a­ter­stuk­ke soos Lot, Be­tés­da en Bab­bel het van­jaar weer ’n stuk oor ska­lie­gas­ont­gin­ning, Ver­wyt, vir die KKNK in­ge­skryf, maar dis nie aan­vaar nie.

Dalk, sê sy, was dit goed. “Ek raak nou oud en ek voel ek het daai te­a­ter­bok­sie nou baie mooi ge­tick en ek het

dit reg­tig op ’n groot skaal al ge­doen met goed soos Land van ske­dels en op klein skaal met stuk­ke soos T­rip­pie wat in die bus af­ge­speel het. Ek het nou al baie vir men­se ge­speel en ge­skryf en ek het nou al baie re­gie ge­doen.

“Ek kan my­self aan­hou her­haal en in my com­fort zo­ne bly en dan el­ke jaar net ’n to­neel­stuk doen, maar ek voel half ek word ’n car­toon cha­rac­ter. Ek voel half ek word ’n pa­ro­die van my­self.

Sy skep a­sem. “Ek dink men­se het hier­die val­se ding waar­aan hul­le vas­klou dat soos jy ou­er word, is daar geen kant­lyn vir f*k*ps nie. Die gren­se is baie nou. Jy kan nie fou­te be­gaan nie, want jy is nou in jou 40’s.

“Ek dink dit be­perk men­se en ek dink jy moet dap­per wees, al val jy op jou ge­sig en ek dink jy moet ten min­ste in jou een leef­tyd pro­beer om jou ta­len­te te strek en nu­we vaar­dig­he­de aan te leer, an­ders gaan jy net ver­veeld raak.”

’n Sil­wer fee ver­skyn uit die niet

Haar droom om ’n rol­prent­ma­ker te word het eint­lik al be­gin toe sy 24 was. Sy was werk­loos en het soms om haar­self te ver­maak in druk ver­keer uit die niet ver­skyn as ’n sil­wer fee. An­der ke­re het sy in ’n doods­kis ge­klim en om hoe­kies by klubs ge­wag om men­se skrik te maak.

Op ’n dag kry sy die “gek i­dee” om ’n kort­fliek te skiet son­der dat sy e­nig­iets ge­weet het van die rol­prent­kuns.

En al wil sy nou nie eint­lik daar­oor praat nie, was die re­sul­taat nie­teen­staan­de ’n dig­ter­li­ke stuk­kie kort­kuns vol van haar ken­mer­ken­de ma­gie­se re­a­lis­me wat sy ge­maak ge­kry het dank­sy baie moed en die deur­dry­wings­krag van ’n le­ke­pro­feet.

Sy frons. “Ek het eint­lik so ge­skrik daar­na dat ek tot nou toe af­ge­switch het tot­dat ons T­rip­pie ge­maak het. Dit was nie lek­ker nie, moet tog nie te veel daar­oor praat nie, dit ont­stel my so dan be­ge­we my moed my.”

Dit was voor­dat sy vir S­wan­by ont­moet het in die to­neel­stuk Al­tyd Jon­ker toe hy Jack Co­pe ge­speel het en sy Ing­rid Jon­ker. Vir Ni­co­la (42) het die le­we eint­lik eers werk­lik op 31 be­gin toe sy haar toe­koms­ti­ge man ont­moet het.

“Ek het ’n reg­te skeids­lyn in my le­we en dit voel of ek twee le­wens ge­had het. Hy ook. Dis om­dat ek in my vo­ri­ge le­we so baie werk­loos was en so aan bom­skok ge­ly het, maar nou is dit heer­lik van­dat ons me­kaar ont­moet het.”

So­wat 15 jaar ná Maar any­way, nog ’n dooie fee­ver­haal, in 2014, het sy by die Sil­wer­skerm­fees fi­nan­sie­ring ge­kry om haar twee­man­stuk, T­rip­pie, wat op ’n bus in die Klein Ka­roo af­speel, as ’n kort­fliek te ver­film. Sy en haar me­de-ak­teur, S­ti­an Bam, is hier­na be­kroon as bes­te ak­tri­se en bes­te ak­teur op dié fees.

Ver­le­de jaar het die kort­fliek Un­spo­ken ge­volg, waar die stu­den­te van ACT Ca­pe To­wn ver­bys­te­rend eer­li­ke spel le­wer in ’n stuk oor a­bor­sie wat met ’n ska­me­le R30 000 ge­maak is. Dié stuk word bin­ne­kort op rol­prent­fees­te ge­wys en is ’n be­wys van hoe baie jy met min geld kan doen.

Maan­haars­drif

’n Wol­le­ri­ge wit kat, ene Fluf­fy­bum, kom by die sit­ka­mer in­ge­stap en Ni­co­la kry by­na ’n oor­val. “Oeh, jul­le moet hier­die ou sien! Fluf­fy­bum, hy’s ’n En­gel­se kat, maar hy’s heel­te­mal doof. Hy’t in­ge­trek en hy slaap el­ke aand tus­sen my en Grant. Kyk, hy’s fan­tas­ties met sy snor­baar­de!”

Ons praat oor haar eer­ste TV-reeks, D­waal­ster, wat sy pas vir kykNET ge­stuur het om ge­lees te word.

In dié reeks, wat sy in sa­me­wer­king met die draai­boek­skry­wer Re­tief S­choltz ge­skryf het, krap ’n joer­na­lis ’n sto­rie oop oor ska­lie­gas­ont­gin­ning en sy kom af op men­se wat om­koop­geld ont­vang het om die pro­jek te laat slaag. In­tus­sen word ’n fo­to­graaf saam met wie sy op ’n sto­rie uit­gaan, ge­neckla­ce en sy keer te­rug na die fik­tie­we Noord-Kaap­se dor­pie Maan­haars­drif om te her­stel van die trau­ma.

“Ter­self­der­tyd is daar al hier­die won­der­li­ke kod­di­ge men­se wat mal is oor die ster­re in hier­die klein dor­pie.”

Die feit dat sy haar van­jaar op fliek en TV toe­spits, be­te­ken eg­ter nie dat sy die te­a­ter vaar­wel toe­ge­roep het nie. “Ja, ek doen nog steeds al­les,” sê sy. “Ek sal ’n boom speel in ’n kin­der­dra­ma, ek gee nie om nie.”

Raak hier­die Don Qui­chot van Blou­berg nooit bang nie?

“Nee, ek is baie bang maar wat kan ek nou eint­lik doen? Ek kan óf in die hoe­kie lê, op­ge­krul, en wag dat die he­me­le op my neer­daal . . .”

Sy kyk op. “Ek meen, ek’s bang die maan gaan val par­ty aan­de. Jy gaan óf in daai so­ne óf jy foe­ter nou maar net voort. So ek het nou al ag­ter­ge­kom: wat is die erg­ste wat kan ge­beur?”

Haar oë is ’n knet­ter­gek blou. “Ek het net een le­we; bin­ne­kort eet die wurms my. Jy moet maar woe­ker ter­wyl jy hier is, jy weet wat ek be­doel.”

Ek dink jy moet ten min­ste in jou een leef­tyd pro­beer om jou ta­len­te te strek en nu­we vaar­dig­he­de aan te leer, an­ders gaan jy net ver­veeld raak.

Die be­kroon­de ak­tri­se en te­a­ter­ma­ker Ni­co­la Ha­ne­kom (42) praat oor Cut­out Gi­rls, die rol­prent wat sy met ska­re­fi­nan­sie­ring wil maak. Fo­to’s: JACO MARAIS

“Ek kan my­self aan­hou her­haal en in my

com­fort zo­ne bly en dan el­ke jaar net ’n to­neel­stuk doen, maar ek voel half ek word ’n pa­ro­die van my­self,” sê Ni­co­la.

Ni­co­la in haar stu­deer­ka­mer in Blou­berg Sands met fo­to’s van haar be­kroon­de pro­duk­sies, on­der meer Land van ske­dels en Be­tés­da.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.