Geen mid­del glo by hom ge­kry

Beeld - - Nuus -

Die skry­wer Ka­rel S­choe­man se na­dood­se on­der­soek is nog nie af­ge­han­del nie. Dit is dus nog nie se­ker hoe hy dood is nie, sê Carl van Rens­burg, S­choe­man se pro­ku­reur. Die skry­wer het die ver­kla­ring, waar­in hy ge­sê het hy gaan sy le­we be­ëin­dig, aan Van Rens­burg ge­stuur, wat dit Dins­dag ná S­choe­man se dood die vo­ri­ge dag ge­kry het.

Hy sê die dok­ter het sy dood as on­na­tuur­lik aan­ge­dui en krag­tens wet moet daar dan ’n na­dood­se on­der­soek ge­hou word.

Die po­li­sie was nie op die to­neel nie en daar is nie vol­gens sy ken­nis op e­ni­ge mid­del in die woon­stel be­slag ge­lê nie.

Mamohau Le­ku­la, sy ver­sor­ger wat op sy lyk af­ge­kom het, het ook in ’n on­der­houd ge­sê dat daar nie e­nig­iets vreemds by hom ge­kry is nie.

Sy het da­de­lik, vol­gens sy in­struk­sies voor­af, Van Rens­burg ge­bel.

Van Rens­burg het be­ves­tig dit was S­choe­man se op­drag dat geen rou­diens of e­ni­ge pleg­tig­heid om hul­de aan hom te bring mag plaas­vind nie. Hy moet ver­as word en sy as moet op ’n on­be­ken­de plek ge­strooi word. “Dit staan el­ke mens vry om iets te doen as hul­le so sou voel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.