All Black keer te­rug ná jaar langs kant­lyn

Beeld - - Sport - – Reuters

Die All Black C­har­lie N­ga­tai maak Sa­ter­dag sy te­rug­keer na Su­per­rug­by na­dat hy weens har­sing­skud­ding by­kans ’n jaar bui­te ak­sie was.

N­ga­tai (26), wat in 2015 sy bui­ging vir die All Blacks teen Sa­moa ge­maak het, is in die C­hiefs se be­gin­span in­ge­sluit vir hul wed­stryd mô­re teen die Reds in New P­ly­mouth.

Die sen­ter het op 7 Mei 2016 ’n be­se­ring teen die High­lan­ders op­ge­doen en was vir die res van die jaar op die kruk­ke­lys na­dat hy ge­suk­kel het om van die simp­to­me van har­sing­skud­ding te her­stel.

Hy het drie we­ke ge­le­de weer be­gin klu­brug­by speel, met die C­hiefs se af­rig­ter, Da­ve Ren­nie, wat sê hy is te­vre­de met N­ga­tai se vor­de­ring.

N­ga­tai sal saam met An­ton Lie­nert­Bro­wn die sen­ter­paar vorm vir die krag­me­ting in New P­ly­mouth.

Die All Black­ha­ker Nat­han Har­ris maak ook sy te­rug­keer na­dat hy in Au­gus­tus by ’n na­si­o­na­le oe­fen­kamp sy knie be­seer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.