Rybewyse: Toets sal fo­kus op vei­lig­heid

Beeld - - NUUS - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die K53-ry­be­wys­toets is op pad na die as­hoop. Die Pad­ver­keers­be­stuurs­kor­po­ra­sie (RTMC) werk aan ’n nu­we stel­sel wat meer op pad­vei­lig­heid sal fo­kus, sê Mak­ho­si­ni M­si­bi, uit­voe­ren­de hoof.

Die K53-toets is vol­gens hom uitgedien en nie meer in pas met die uit­da­gings op die land se paaie nie. Dit toets hoof­saak­lik ken­nis van pad­te­kens en die be­heer van ’n voer­tuig pleks van pad­vei­lig­heid.

“Dit help ons nie, want as leer­ling­be­stuur­ders aan die werk­lik­heid op die pad bloot­ge­stel word, is dit ’n an­der sto­rie, al ken hul­le die K53 hoe goed. Die K53 is nie ’n goeie stel­sel nie.”

’n Nu­we kur­ri­ku­lum word nou ont­wik­kel.

M­si­bi het die kwes­sie ge­op­per in die RTMC se voor­leg­ging van sy jaar­lik­se pres­ta­sie­plan aan die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ver­voer.

Hy sê leer­ling­be­stuur­ders moet meer oor pad­vei­lig­heid leer om­dat ’n ont­le­ding toon dat 60% van al­le pad­on­ge­luk­ke die ge­volg van mens­li­ke fou­te is.

Daar is ook plan­ne om pad­vei­lig­heid ’n groot deel van ver­keers­be­amp­tes se op­lei­ding te maak.

Plan­ne word ook ge­maak om een­vor­mig­heid in ver­keers­de­par­te­men­te te ver­be­ter wat be­tref nor­me en stan­daar­de, sa­la­ris­se, wer­wing en werk­u­re.

Ver­keers­be­amp­tes se werk­wy­se gaan in­gry­pend ver­an­der.

’n S­kof­stel­sel gaan in­ge­stel word om te ver­se­ker dat ver­keers­be­amp­tes paaie 24 uur per dag be­man in ’n po­ging om pad­on­ge­luk­ke en pad­sterf­tes dras­ties te ver­min­der.

M­si­bi sê ’n s­kof­stel­sel word in die Wes-Kaap ge­bruik, maar dit geld nog nie 24 uur per dag nie.

“As ’n tus­sen­tyd­se maat­re­ël sal ons die Wes-Kaap­se mo­del volg en dit in Sep­tem­ber in M­pu­ma­lan­ga in­stel. Dit sal dan na die Vry­staat en la­ter na die an­der pro­vin­sies uit­ge­brei word.

“Ons wil dit in die nu­we boek­jaar af­han­del en die werk­wy­se van ver­keers­be­amp­tes ver­an­der.

“Al­le nu­we ver­keers­be­amp­tes word reeds in­ge­vol­ge ’n 24 uur­skof­stel­sel in diens ge­neem.”

Hy sê die ver­keers­o­wer­he­de wen die stryd teen dronk­be­stuur.

“Ons wag net dat die no­di­ge wy­si­gings aan die Straf­pro­ses­wet aan­ge­bring word. Mi­ni­mum von­nis­se vir dronk­be­stuur sal in­ge­stel word en dan sal ons be­slis dié stryd wen.”

Mak­ho­si­ni M­si­bi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.