‘Pro­tes nié oor sy dood’

2 lyk glo bang toe hul­le saak aan­meld

Beeld - - NUUS - Han­ti Ot­to

Daar was glo al voor Mat­l­ho­mo­la Mos­weu se dood op 20 A­pril ge­rug­te van drei­gen­de pro­tes­op­tre­de in die Co­li­gny-Lich­ten­burg-om­ge­wing, dus kan ’n mens nie aan­voer die ge­weld in Co­li­gny was spe­si­fiek weens die be­weer­de moord op die 16-ja­ri­ge seun nie.

Die ver­woes­ting wat in A­pril in die dor­pie ge­saai is, het vol­gens Pie­ter Doore­waard (26) en P­hil­lip S­chut­te (34) oor diens­le­we­ring ge­gaan, het adv. Pie­ter S­mit, Doore­waard se regs­ver­teen­woor­di­ger, gis­ter in die land­dros­hof in Co­li­gny be­toog.

K­he­the­ni Mu­dau, aan­kla­er, het ge­sê: “Ons het dan ge­tui­e­nis dat die pro­tes­op­tre­des in Co­li­gny op 24 A­pril 2017 be­gin het. Dit het on­mid­del­lik ná die in­heg­te­nis­ne­ming van die be­skul­dig­des op­ge­hou. Die ge­meen­skap het dan juis ge­sê hul­le is kwaad om­dat die po­li­sie hul voe­te sleep met die on­der­soek na die dood van die kind.”

Doore­waard en S­chut­te word daar­van be­skul­dig dat hul­le Mat­l­ho­mo­la op 20 A­pril ver­moor het deur hom van hul bak­kie af te gooi.

Lui­dens aan­vul­len­de ver­kla­rings wat hul­le gis­ter in hul borgtogaansoek in­ge­dien het, het hul­le dié dag van die plaas

Riet­vlei, waar hul­le ge­werk het, dorp toe ge­ry. Om­streeks 09:30 het hul­le twee seuns in hul werk­ge­wer se son­ne­blom­lan­de ge­sien “goed steel”.

Een kon weg­hard­loop, maar Mat­l­ho­mo­la is ge­vang.

“Ons het hom aan­ge­sê om ag­ter­op die bak­kie te klim so­dat ons hom po­li­sie toe kon vat,” lui die ver­kla­rings.

“Hier­die was nie ’n ge­ï­so­leer­de ge­val nie. Ons is in die ver­le­de ver­skeie ke­re deur wer­kers van die plaas ge­kon­tak oor men­se wat ons werk­ge­wer se oes steel. Ons het die ver­dag­tes ge­vang en na die po­li­sie ge­neem.”

Mat­l­ho­mo­la het glo van die be­we­gen­de bak­kie af­ge­spring in ’n po­ging om te ont­snap.

Doore­waard en S­chut­te sê hul­le het stil­ge­hou en die kind op die grond sien lê. Hy het be­wus­te­loos

voor­ge­kom.

Om­dat nie een van hul­le nood­hulp­ken­nis het nie, het hul­le be­sluit om die so­wat 3 km na die po­li­sie­kan­toor te ry om hulp te ont­bied.

Hul­le het wel ’n man en ’n vrou in die grond­pad sien loop en ge­vra dat hul­le in­tus­sen na Mat­l­ho­mo­la om­sien.

“Ons het daar die voor­val aan­ge­meld en ge­vra dat me­die­se hulp ook ont­bied word. Ons het die lig­ging van die voor­val ge­gee. Die po­li­sie het ons te­le­foon­nom­mers ge­neem en ge­sê hul­le sal die saak oor­neem. Hul­le sou ons kon­tak in­dien no­dig.”

S­mit het in sy be­toog ge­sê dit pas nie in by die weer­ga­we van die staat se be­weer­de oog­ge­tuie wat aan­voer Doore­waard en S­chut­te het die seun van die bak­kie af­ge­gooi, op­ge­tel en weer af­ge­gooi nie.

“Hoe­kom sal hul­le dan na die po­li­sie gaan en die pre­sie­se plek van die ‘mis­daad­to­neel’ gee?”

Die oog­ge­tuie het vol­gens hom eers die aand voor­dat die borgtogaansoek sou be­gin te voor­skyn ge­kom – in ’n TV-on­der­houd.

“In die on­der­houd be­weer die ge­tuie ook dat daar drie ver­dag­tes was.

“In elk ge­val is dié per­soon nou in ge­tui­e­be­sker­ming. Die be­skul­dig­des het hul­le aan die po­li­sie oor­ge­gee. B­rig. (C­lif­ford) K­go­ra­ne (lid van die on­der­soek­span), het toe­ge­gee dat hy nie dink hul­le sal hul ver­hoor ont­duik nie.

“Die hof kan nie as gy­se­laar ge­hou word deur ge­meen­skaps­le­de wat dalk wan­op­vat­tings oor die reg het nie.”

S­mit het ook ver­wys na ao. Je­re­mi­ah Mo­di­sa­ne se ge­tui­e­nis dat die be­skul­dig­des reeds twee keer ter­wyl hy aan diens was kin­ders na die Co­li­gny-po­li­sie­kan­toor ge­bring het wat glo mie­lies op die plaas ge­steel het.

“Vol­gens Mo­di­sa­ne se ge­tui­e­nis was daar nooit e­ni­ge be­we­rings dat die be­skul­dig­des die kin­ders aan­ge­rand het nie.”

Hy het ge­tuig toe die be­skul­dig­des die voor­val kom aan­meld en me­die­se hulp ver­soek het, het hul­le ge­skok en bang ge­lyk. “Dit staaf die be­skul­dig­des se weer­ga­we.”

Mu­dau het ge­sê daar is di­rek­te ge­tui­e­nis wat die twee be­trek.

“Om die waar­heid te sê, oor­weeg ons om nog aan­klag­te van regs­ver­y­de­ling en in­ti­mi­da­sie by die klag­staat teen die be­skul­dig­des te voeg om­dat die oog­ge­tuie ge­dreig is en om­dat die be­skul­dig­des nie oop kaar­te met die po­li­sie ge­speel het nie.”

Land­dros Ma­ga­o­la Fo­so sal oor­mô­re uit­spraak le­wer.

S­kool­kin­ders het hul­le gis­ter by die be­to­gers bui­te die hof in Co­li­gny aan­ge­sluit. Fo­to’s: FE­LIX DLANGAMANDLA

S­kool­kin­ders be­toog saam dat die land­dros­hof Pie­ter Doore­waard (26) en P­hil­lip S­chut­te (34) borg­tog wei­er. Hul­le word be­skul­dig van moord op die 16­ja­ri­ge Mat­l­ho­mo­la Mos­weu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.