Moord­saak in Pa­rys: Hof hoor oor 2 se be­se­rings

Beeld - - NUUS - A­let van der Walt

Die be­se­rings wat Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba op­ge­doen het, het na ti­pie­se aan­ran­dings­be­se­rings ge­lyk, het die rond­gaan­de hof in Pa­rys gis­ter ge­hoor.

Li­na Ma­ro­se­le, ’n pa­ra­me­di­kus van die pro­vin­si­a­le nood­diens­te, het vir die staat ge­tuig in die ver­hoor van ses mans wat van die moord op T­jixa en Ju­be­ba op 6 Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar aan­ge­kla word.

Boe­ta van der West­hui­zen (47), An­ton Log­gen­berg (50), kapt. Henk Prins­loo (46), Cor Log­gen­berg (20), Loe­die van der West­hui­zen jr. (19) en Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23) ont­ken skuld.

Ma­ro­se­le het ge­tuig so­wel T­jixa as Ju­be­ba was be­wus­te­loos toe sy hul­le ge­sien het.

Sy het met ’n re­ak­sie­voer­tuig na die plek ge­ry waar ’n po­li­sie­vang­wa met die twee be­seer­de mans op ’n am­bu­lans van die dorp ge­wag het.

Die een man het ’n sny aan die ag­ter­kop ge­had en die an­der een ’n sny aan die ge­sig.

Bloed het ook by die mond van een van die twee mans uit­ge­loop. Ma­ro­se­le het ge­sê sy glo dit was weens in­wen­di­ge bloe­ding. Sy het met ’n lig in hul oë ge­skyn en ge­sien die een man se oë het nor­maal ge­lyk, ter­wyl net die pu­pil van die an­der man se een oog ver­nou het.

Da­vid Man­ga­le, ’n am­bu­lans­be­stuur­der, het ook aan die hof ver­tel die mans was be­wus­te­loos en het sny­won­de en an­der be­se­rings ge­had. Hul toe­stand was vol­gens hom erns­tig.

Die mans is om­streeks 22:00 in die Pa­rys-hos­pi­taal op­ge­neem.

Ao. Jo­seph Hun­ter van die speur­tak by die Pa­rys-po­li­sie het ge­tuig hy het die mans by die hos­pi­taal ge­sien. Dit het ge­lyk as­of al­bei mans be­wus­te­loos was. ’n Dok­ter het die mans se kle­re van hul­le af­ge­sny en Hun­ter het die kle­re en skoe­ne in twee plas­tiek­sak­ke ge­sit. Hy het die sak­ke by sy kan­toor oop­ge­maak en die kle­re oop laat lê om droog te word. Hun­ter het ge­sê die kle­re was nat, ver­moe­de­lik van wa­ter. Hy was bang dit sal be­gin muf.

Die vol­gen­de og­gend het hy le­de van die po­li­sie se spoor­sny­ers op Loe­die van der West­hui­zen sr. se plaas ont­moet. Die kle­re en skoe­ne is ge­bruik om die spo­re van die ver­dag­tes te volg.

Die po­li­sie was vol­gens Hun­ter op soek na die wa­pen waar­mee Van der West­hui­zen sr. glo deur drie mans aan­ge­rand is. Die vuur­wa­pen is nie op­ge­spoor nie, het Hun­ter ge­tuig.

Die ver­hoor word oor­mô­re voort­ge­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.