F­rik du P­reez kry groot hart­aan­val

Maar hy is dalk gou op die been

Beeld - - NUUS - Ü­gen Vos

Die le­gen­da­rie­se S­pring­bok­slot F­rik du P­reez is eer­gis­ter in die hos­pi­taal op­ge­neem na­dat hy glo ’n “mas­sie­we hart­aan­val” ge­had het.

“Ek het met Bes (Du P­reez se vrou) ge­praat en sy is by hom in die hos­pi­taal,” het Wyn­and Claas­sen, voor­ma­li­ge Bok­kap­tein en -agt­ste­man en ’n ja­re lan­ge vriend van Du P­reez, gis­ter­aand ge­sê.

“Als gaan goed, maar F­rik is in die hos­pi­taal op­ge­neem na­dat hy Don­der­dag (eer­gis­ter) ’n hart­aan­val by ’n gholf­dag vir oud­spe­lers by die Le­ri­ba Lod­ge in Cen­tu­ri­on ge­had het.”

Hy het in­tus­sen ’n an­gi­o­gram on­der­gaan en vol­gens Du P­reez se vrou is hy “net baie moeg”.

Du P­reez sal vol­gens Claas­sen na ver­wag­ting bin­ne­kort uit die hos­pi­taal ont­slaan word, maar sal oor so­wat ses we­ke weer moet te­rug­keer vir ’n op­volg­be­soek om te ver­se­ker dat daar geen kom­pli­ka­sies is nie.

Vol­gens Claas­sen ver­loop Du P­reez se be­han­de­ling goed en glo die fa­mi­lie hy sal bin­ne­kort weer op die been wees.

“Hy was ab­so­luut my held op skool. Ek ont­hou nog toe ek vir Tuk­kies en Noord-Trans­vaal be­gin speel het sou ek ná ’n wed­stryd wag om sy hand­te­ke­ning te kry,” sê Claas­sen.

Die twee het la­ter heg­te vrien­de ge­word.

“Hy is ’n ab­so­lu­te i­koon in Suid-A­fri­kaan­se rug­by en een van min van die ou gar­de wat nog oor­bly.

“Ek wens hom en sy fa­mi­lie net die bes­te toe,” sê Claas­sen.

Du P­reez (81) het ’n lang stryd teen kan­ker ag­ter die rug.

Hy het in Maart ver­le­de jaar ná ’n o­pe­ra­sie om ’n kwaad­aar­di­ge ge­was uit die on­der­punt van sy dik­derm te ver­wy­der aan Rap­port ge­sê hy het “twee moer­se skok­ke” in net meer as twee we­ke ge­had.

“Eers hoor ek ek het kan­ker en nou het die laas­te toets be­ves­tig dat daar geen kan­ker meer in my is nie,” het hy des­tyds ge­sê kort na­dat die ste­ke van sy o­pe­ra­sie ver­wy­der is.

“Hoe ge­luk­kig kan ’n mens wees? Ek dink steeds nie dat die werk­lik­heid deur­ge­dring het nie.”

Du P­reez het in die pro­ses 12 kg ver­loor.

“Ek was se­we dae in die hos­pi­taal en het nie vrees­lik hon­ger ge­voel ter­wyl ek op die drup was nie.

“Ek eet steeds nie baie nie, maar ek kan weer nor­maal eet. Ek is bly ek het ge­wig ver­loor. Ek dink ek lyk ’n bie­tjie be­ter,” het hy ge­sê.

Die kan­ker is net meer as twee we­ke te­vo­re in ’n roe­ti­ne­on­der­soek by hom in sy dik­derm ge­di­ag­no­seer.

’n Jaar voor sy di­ag­no­se is bors­kan­ker by sy vrou ge­di­ag­no­seer.

Du P­reez het 11 jaar lank vir die S­pring­bok­ke ge­speel en was reeds voor die ein­de van sy toet­s­loop­baan, in 1971, ’n legende.

Ná sy af­tre­de het dr. Da­nie Cra­ven ge­sê: “’n S­pe­ler soos F­rik du P­reez sal ons nóóit weer sien nie.”

Hy is as Suid-A­fri­ka se rug­by­spe­ler van die 20ste eeu aan­ge­wys.

Hy is ver­al be­kend om sy veel­sy­dig­heid, as die slot wat ge­drop, ge­pla­ce en gesco­re het en soos Ma­ri­zan­ne Kok in 2015 met sy 80ste ver­jaar­dag in Rap­port ge­skryf het: “Die ou wat in 1970 vir Chris Laid­law ge­duik het dat hy hik; wat 40 me­ter ge­hol het vir sy e­nig­ste toets­drie.”

Hy is ’n ab­so­lu­te i­koon in Suid­A­fri­kaan­se rug­by en een van min van die ou gar­de wat nog oor­ge­bly het. Ek wens hom en sy fa­mi­lie net die bes­te toe.

F­rik du P­reez in Maart ver­le­de jaar na­dat hy ge­hoor het hy is kan­ker­vry. Hy het ten ty­de van sy be­han­de­ling 12 kg ver­loor en ge­skerts hy dink hy lyk nou be­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.