Pre­mier se las­ter­eis teen Mat­hews P­ho­sa mis­luk

Beeld - - NUUS - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Da­vid Ma­bu­za, pre­mier van M­pu­ma­lan­ga, se las­ter­eis teen Mat­hews P­ho­sa, sa­ke­man en voor­ma­li­ge te­sou­rier-ge­ne­raal van die ANC, het in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria mis­luk.

Reg­ter Bill Prins­loo het Ma­bu­za se R10 mil­joen-eis met kos­te van die hand ge­wys.

Ma­bu­za het be­weer P­ho­sa, ’n oud­pre­mier van M­pu­ma­lan­ga, het ’n “hoogs ge­hei­me” do­ku­ment aan ANC-ho­ës ge­stuur wat lui hy (Ma­bu­za) was ’n a­part­heid­spi­oen. Hy het ge­sê hy is daar­deur be­las­ter en meen P­ho­sa was een van die ou­teurs van die “spi­oe­na­sie­ver­slag”.

Ma­bu­za het die hof ook ge­vra om P­ho­sa te be­veel om ’n on­voor­waar­de­li­ke ver­sko­ning in twee koe­ran­te te pu­bli­seer. Dit is ook van die hand ge­wys.

P­ho­sa het ge­tuig die be­we­rings teen hom is ver­sin. Vol­gens hom het sy kok die do­ku­ment in ’n on­ge­merk­te koe­vert in 2014 by sy huis in Wit­ri­vier vir hom ge­gee. “Ek weet nie waar dit van­daan ge­kom het of wie dit ge­skryf het nie.”

Hy het dit aan Jes­sie Du­ar­te, die ANC se ad­junk-se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, ge­stuur om­dat hy die be­we­rings daar­in as ui­ters erns­tig be­skou het.

“Dit kon die ANC se in­te­gri­teit, as­ook dié van die pre­mier se kan­toor, erg ska­de be­rok­ken het.”

P­ho­sa het ge­sê Du­ar­te het hom ’n paar maan­de voor dié voor­val al ge­vra: “Ons as ANCamp­te­na­re wil weet pre­sies wie hier­die Da­vid Ma­bu­za is.”

Daar­om het hy die ver­slag aan haar ge­stuur toe dit in sy be­sit be­land het, het P­ho­sa ge­sê.

“Die vol­gen­de wat ek daar­van ge­hoor het, was toe ’n joer­na­lis van Beeld my ge­bel het vir kom­men­taar.

“Ek het die joer­na­lis ge­vra om eers die do­ku­ment aan my te s­tuur voor­dat ek daar­op sou kom­men­taar le­wer. In haar on­skuld het sy die dek­brief van die pro­ku­reurs­fir­ma, by wie sy dit waar­skyn­lik ge­kry het, ook aan­ge­heg.”

Jan Ven­ter, ’n voor­ma­li­ge vei­lig­heids­po­li­sie­man en oud­werk­ne­mer van P­ho­sa, het ge­tuig hy het ge­hoor hoe P­ho­sa op sy stoep aan ’n sa­ke­ven­noot sê hul­le gaan ’n “spi­oe­na­sie­ver­slag” oor Ma­bu­za op­stel en dit aan Lut­hu­li-huis s­tuur.

P­ho­sa het dié be­we­ring as vals af­ge­maak en ge­tuig hy het Ven­ter af­ge­dank na­dat dié fo­to’s van die bin­ne­kant van sy huis aan die me­dia ge­lek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.