EFF se ont­wrig­ting ‘ver­sterk dalk so­li­da­ri­teit’

Beeld - - NUUS -

Die EFF het gis­ter­mid­dag ge­wys hoe hy oor di­a­loog voel toe hy die sa­me­koms van drie oud­pre­si­den­te in Jo­han­nes­burg ont­wrig het. Dit het daar­toe ge­lei dat die ver­rig­tin­ge vroe­ër as be­plan be­ëin­dig is.

Dr. T­heuns Eloff, uit­voe­ren­de hoof van die FW de K­lerk­stig­ting, sê hul op­tre­de “sal waar­skyn­lik die so­li­da­ri­teit on­der die an­der groep wat by die be­raad was, ver­ste­wig, on­danks ver­skil­le”.

Die ont­wrig­ting het ge­volg op ’n twiet van Ju­li­us Ma­le­ma, EFF­lei­er, dat die oud­pre­si­den­te T­ha­bo M­be­ki en K­ga­le­ma Mot­lant­he ’n fout be­gaan om met FW de K­lerk saam te werk “om­dat dit wit ras­sis­te sal laat dink hul­le het steeds ’n plek in SuidA­fri­ka”.

De K­lerk kan nie deel wees van die op­los­sings in die land nie om­dat die “mas­sa­moord van swart men­se” ten ty­de van sy pre­si­dent­skap ge­beur het.

Van die EFF­le­de wat om­streeks mid­dag­e­te by die be­raad op­ge­daag het, het met plak­ka­te op die ver­hoog ge­klim ter­wyl Nees­han Bal­ton, uit­voe­ren­de hoof van die Ahmed Kathra­dastig­ting, te­rug­voe­ring ge­gee het ná groep­be­spre­kings. Een van die plak­ka­te het ge­lui De K­lerk is ’n “reeks­moor­de­naar”. ’n An­der het ge­lees pres. Ja­cob Zu­ma is “’n dief”.

’n Paar po­li­sie­be­amp­tes het die saal la­ter in­ge­kom en ’n wa­ken­de oog ge­hou ter­wyl die EFF­le­de ook op fluit­jies ge­blaas het.

Na­dat die be­raad­gan­gers die saal ver­laat het, het hul­le nog lank ge­sing.

So­li­da­ri­teit, die A­fri­ka­ner­bond en A­friForum is ook op die be­raad ver­teen­woor­dig.

Jeff Ra­de­be, mi­nis­ter in die pre­si­den­sie, en Joel Nets­hi­ten­z­he, lid van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee wat noue ban­de met M­be­ki het, het ook die be­raad by­ge­woon, maar nie toe­spra­ke ge­le­wer nie. – Sa­rel van der Walt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.