Zil­le­be­soek weer on­der loep

Reis kos meer as R1,1 mil­joen

Beeld - - NUUS - Ja­son Fe­lix

Nie net het He­len Zil­le, Wes-Kaap­se pre­mier, se twiets oor ko­lo­ni­a­lis­me op haar be­soek aan Singapoer haar loop­baan be­dreig nie – be­las­ting­be­ta­lers het ook meer as R1,1 mil­joen vir dié be­soek op­ge­dok.

Die voor­ma­li­ge DA-lei­er het eer­gis­ter op ’n sit­ting van die Wes-Kaap­se pro­vin­si­a­le par­le­ment ge­sê haar man, Jo­hann Ma­ree, en drie an­der amp­te­na­re het haar na Singapoer en Japan ver­ge­sel.

“Die kos­te vir vyf men­se – ek­self, my man en drie an­der amp­te­na­re – was R636 159. Dit het kos­te vir ver­blyf, reis en an­der uit­ga­wes ge­dek na Singapoer en Japan.

“’n Be­drag van R500 000 is ook aan Wes­gro oor­be­taal. Hul­le het die se­mi­naar en ak­ti­wi­tei­te in die twee lan­de ge­fa­si­li­teer,” sê Zil­le.

Sy het ge­re­a­geer op ’n vraag van Pier­re Uys, ANC-hoof­sweep in die wet­ge­wer.

“Die doel van my be­soek was om han­dels-, be­leg­gings- en toe­ris­me­be­trek­kin­ge te be­mark. Die waar­de ge­kop­pel aan die in­ter­na­si­o­na­le in­ter­ak­sie is op lang ter­myn en is om daar­die re­de nie mak­lik om in ’n maand of twee te be­paal nie. Dit was ’n goeie be­leg­ging en ons het baie voor­deel daar­uit ge­trek,” sê Zil­le.

Uys wou ook weet hoe­kom Alan Win­de, Wes-Kaap­se mi­nis­ter van e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de, nie saam op die toer na Singapoer en Japan was nie.

“Is dit ook nie on­re­ël­ma­tig vir u om geld aan Wes­gro te oor­han­dig nie? Hul­le het hul eie be­gro­ting en die en­ti­teit is deel van die de­par­te­ment van e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de,” sê Uys.

Zil­le sê daar­op: “Met die fi­nan­si­ë­le be­stuur on­der mi­nis­ter I­van Mey­er (Wes-Kaap­se mi­nis­ter van fi­nan­sies) sou dit nooit oor­be­taal word as dit on­re­ël­ma­tig was nie.”

Die DA on­der­soek vier klag­te teen Zil­le, wat ver­band hou met be­we­rings dat sy die naam en be­lan­ge van die DA met haar twiets ska­de be­rok­ken het.

Uys wou ook weet hoe die DA se on­der­soek teen haar die ver­troue tus­sen die DA-kou­kus in die wet­ge­wer en haar ka­bi­net gaan raak.

“Die ver­troue tus­sen my en my ka­bi­net, as­ook die kou­kus hier, is sterk. Die een ding wat goe­der­trou on­der­myn, is die voort­du­ren­de ma­ni­pu­le­ring van die fei­te. Ook op­set­li­ke on­kun­de.

“In hier­die raad word daar nie erns­ti­ge de­bat­te ge­voer nie. Dit is al­les per­soon­li­ke be­le­di­gings,” sê sy.

He­len Zil­le, Wes­Kaap­se pre­mier, die dag na­dat sy die om­stre­de twiets uit­ge­stuur het. Fo­to: JA­SON FE­LIX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.