‘Myn­geld’ glo re­de vir cha­os in Meck­len­burg

Beeld - - NUUS -

Ska­de van so­wat R5 mil­joen is aan­ge­rig toe die ge­meen­skap van Meck­len­burg na­by Po­lo­kwa­ne ver­skeie hui­se en mo­tors aan die brand ge­steek het om­dat hul­le glo nie geld van die plaas­li­ke chroom­my­ne kry nie.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê 12 men­se is van­dees­week in heg­te­nis ge­neem weens die ge­weld in die Dip­ha­le-ne­der­set­ting.

Woe­den­de men­se het Woens­dag en eer­gis­ter die huis van die stam­hoof, vier hui­se van an­der ge­meen­skaps­lei­ers en twee kan­to­re van die tra­di­si­o­ne­le o­wer­heid aan die brand ge­steek.

Die ge­meen­skap be­skul­dig dié men­se daar­van dat hul­le glo geld kry van my­ne in die ge­bied waar chroom ont­gin word en meen dat hul­le ook daar­van moet kry.

N­goe­pe sê die po­li­sie se een­heid vir o­pen­ba­re or­de is na die ge­bied ont­plooi.

Die 12 ver­dag­tes, van wie twee vroue is, is in aan­hou­ding en sal eers­daags op aan­klag­te van op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging en brand­stig­ting in die land­dros­hof in Bur­gers­fort ver­skyn.

– Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.