V­lei­land wen stryd teen sui­ker­plan­ta­sies

Beeld - - NUUS - E­li­se Tem­pel­hoff

Die be­waar­ders van iSi­man­ga­li­so, Suid-A­fri­ka se eer­ste Wê­reld­er­fe­nis­ge­bied, het van­dees­week ’n oor­win­ning oor sui­ker­boe­re be­haal.

’n Reg­ter in die hoog­ge­regs­hof in Dur­ban het die iSi­man­ga­li­so-vlei­lan­do­wer­heid ge­lyk ge­gee dat die mond van die M­fo­lo­zi­ri­vier by die St. Lu­ci­a­meer nie tel­kens kuns­ma­tig oop­ge­maak mag word om te keer dat sui­ker­plan­ta­sies “ver­suip” nie.

Die Um­fo­lo­zi Su­gar Plan­ters en twee sui­ker­boe­re, Paul van Rooy­en en Pe­tros Map­hu­mu­lo, het die o­wer­heid hof toe ge­neem in ’n po­ging om hom te dwing om die mond van die M­fo­lo­zi­ri­vier oop te gra­we el­ke keer wan­neer hul plan­ta­sies on­der wa­ter is.

iSi­man­ga­li­so het aan­ge­voer el­ke keer as die ri­vier­mond oop­ge­gra­we word so­dat wa­ter in die In­die­se O­se­aan ge­laat word, word die St. Lu­ci­a­meer van nood­saak­li­ke vars wa­ter ont­neem.

Andrew Za­lou­mis, uit­voe­ren­de hoof van iSi­man­ga­li­so, het in ’n eeds­ver­kla­ring ge­sê mil­joe­ne ran­de word daar­aan be­stee om die stel­sel te her­stel soos wat dit 60 jaar ge­le­de was.

Kuns­ma­ti­ge in­gry­ping om sui­ker­riet­plan­ta­sies te red, sal al hier­die po­gings tot niet laat gaan.

Reg­ter Mo­hi­ni Mood­ley het in haar uit­spraak ge­sê we­ten­skap­li­ke stu­dies wys die e­ko­lo­gie van die stel­sel word erns­tig be­na­deel wan­neer die M­fo­lo­zi­ri­vier­mond kuns­ma­tig oop­ge­gra­we word.

“Mil­joe­ne li­ter vars wa­ter be­land dan in die see.”

Sy het ge­sê sy is nie daar­van oor­tuig dat die sui­ker­boe­re se eis re­de­lik is om die M­fo­lo­zi­ri­vier se mond oop te stoot el­ke keer as dit in vloed is nie.

“In­teen­deel, die sui­ker­boe­re se eis dat die mond oop­ge­stoot word, is bloot om hul aan­deel­hou­ers ge­luk­kig te hou,” het Mood­ley ge­sê.

Za­lou­mis het ge­sê hy is ge­wel­dig ver­lig oor die uit­spraak. Hy hoop dit is die ein­de van ’n reeks soort­ge­ly­ke ei­se.

Die ver­haal van die M­fo­lo­zi is dié van om­ge­wings­ge­reg­tig­heid vir 800 see­koeie, 1 200 groot kro­ko­dil­le en baie an­der be­dreig­de en en­de­mie­se fau­na en flo­ra, as­ook vir die men­se wat vir hul voort­be­staan van die stel­sel af­hank­lik is, het hy ge­sê. ’n Groot­bek­see­koei in die iSi­man­ga­li­so­vlei­land­park.

Fo­to: A­LET P­RE­TO­RI­US

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.