‘Nie­mand weet wat ge­beur het’

Beeld - - NUUS - E­li­se Tem­pel­hoff

’N

Be­ken­de sa­ke­man van Van­der­bijl­park is Dins­dag laat­mid­dag in ’n frats­on­ge­luk met ’n trek­ker op sy plaas, Riet­spruit, dood.

Wil­lem Ma­ritz (65) het die trek­ker ver­moe­de­lik pro­beer aan- of af­ska­kel toe dit be­gin be­weeg het en hy on­der die trek­ker be­land het.

Ma­ritz se sus­ter, E­li­ze Seyf­fert van Van­der­bijl­park, sê hy, sy ver­loof­de, San­dra Jou­bert, en twee wer­kers het Dins­dag ba­le vir hul bees­te ge­maak.

Jou­bert en die wer­kers was klaar en het weg­ge­stap. Ma­ritz het by die trek­ker ag­ter­ge­bly.

Kort daar­na het Jou­bert en die wer­kers ’n vreem­de ge­luid ge­hoor, waar­na hul­le om­ge­draai en na Ma­ritz ge­hard­loop het.

Seyf­fert sê al wat Jou­bert kan ont­hou, is dat sy op die trek­ker ge­spring het om dit tot stil­stand te pro­beer kry. Ma­ritz was toe reeds on­der die trek­ker. ’n Ge­skok­te Jou­bert het aan Seyf­fert ge­sê sy kan ook ont­hou sy het ver­skrik­lik be­gin skree.

Jou­bert en die wer­kers het Wil­lem Ma­ritz

daar­in ge­slaag om Ma­ritz on­der die trek­ker uit te kry. Hy het nog ge­le­we.

Ma­ritz het sy laas­te a­sem uit­ge­blaas toe die am­bu­lans ná so­wat 20 mi­nu­te op die plaas aan­kom.

“Ons is ver­skrik­lik ge­skok en baie hart­seer. Dit was reg­tig ’n frats­on­ge­luk. Nie­mand weet pre­sies wat ge­beur het nie,” sê Seyf­fert.

K­lier­kan­ker is twee maan­de ge­le­de by Ma­ritz ge­di­ag­no­seer en hy het be­han­de­ling daar­voor ont­vang.

Ma­ritz was baie be­kend in die kon­struk­sie- en die ver­voer­be­dryf.

Hy word ook oor­leef deur twee seuns, Jaco en Wim­pie, en ’n dog­ter, An­na­li­ze Bis­choff.

Die be­graf­nis­diens vir Ma­ritz is Don­der­dag 11:00 in die A­pos­to­lie­se kerk in Na­nas­col. Daar­na sal hy op sy plaas be­gra­we word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.