Daar is ge­na­de vir ons don­ker kan­te

Beeld - - KOMMENTAAR -

In The Washing­ton Post van 16 Ju­nie 1901 het Ge­or­ge D. Al­drich ’n sto­rie ver­tel wat hy eer­ste­hands by Art­hur Co­nan Doy­le, skry­wer van die S­her­lock Hol­mes-boe­ke, ge­hoor het.

Dié het een keer vir sy vrien­de ge­sê el­ke man het teen 40 ’n ge­raam­te in die kas. Toe sy vrien­de hier­oor won­der, het hy hul­le uit­ge­daag om sy stel­ling te toets. Hul­le be­sluit toe om ’n naam­lo­se brief aan ’n ge­re­spek­teer­de Chris­ten te s­tuur met die woor­de: “All is dis­co­ve­r­ed. F­lee at on­ce.” Die man het pre­sies dit ge­doen en laat spaan­der. Nie­mand het ooit weer van hom ge­hoor nie.

Goor grap, maar dalk ver­tel dit iets van ons don­ker ge­hei­me. Ons al­mal het ska­du­kan­te, en dié wat dit nie het nie, is óf blind óf hul­le jok.

Of ons nou al ja­re lank op God se pad loop en of ons nu­we ge­lo­wi­ges is, ons het ons don­ker oom­blik­ke waar­in ons die He­re se hand los en ver val.

Daar­om het ons God se ge­na­de brood­no­dig. Ons al­mal is soms vlug­te­lin­ge weg van ons­self af. Maar by God kan ons rus vind. By Chris­tus kan ons hoor: “Jy is vry­ge­spreek. Gaan in vre­de!”

Hy sê dit selfs na­dat ons jong­ste strui­ke­lin­ge pas weer voor sy troon rug­baar ge­word het. As ons dan moet vlug, is die bes­te op­sie om in Je­sus se ge­na­di­ge arms in te hard­loop. Nee, dit is ál op­sie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.