‘Vuil taal’ le­wer in­te­res­san­te staal­tjies op

Beeld - - KOMMENTAAR -

Gerhard van Huys­steen werk vir die Vir­tu­e­le In­s­ti­tuut van A­fri­kaans. Vloek­woor­de en so­ge­naam­de “vuil taal” het my – as taal­kun­di­ge – nog al­tyd ge­fas­si­neer. Dalk om­dat ek in ’n huis groot­ge­word het waar vloek die “eer­ste dood­son­de” was, of dalk om­dat vloek so­veel van die mens­li­ke psi­ge ver­klap.

Hier is ’n paar ti­pie­se na­vor­sings­vrae: Hoe­kom vloek men­se? Wie vloek en wie vloek nie, en kan ons dit op grond van ge­slag of ou­der­doms­groep voor­spel? Wan­neer word wat­ter vloek­woor­de ge­bruik? Is daar ’n spe­si­fie­ke deel in jou brein wat ver­ant­woor­de­lik is vir vloek? Wan­neer word ’n woord ’n vloek­woord? Is daar sis­te­ma­tiek in die be­te­ke­nis van vloek­woor­de? En­so­voorts, en­so­voorts, en­so­voorts. Min­stens drie PhD-stu­den­te kan op dié vrae af­stu­deer.

Die A­fri­kaan­se taal­kun­di­ge prof. Il­se Fei­nau­er (U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch) het in 1981 haar mees­ters­graad met die on­der­werp “Die taal­kun­di­ge ge­drag van vloek­woor­de in A­fri­kaans” ver­werf. Daar­in het sy ’n klomp on­der­wer­pe oop­ge­skryf, waar­on­der vloek­woord­in­ly­wing – die fe­no­meen dat ons ’n vloek­woord in die mid­del van ’n woord kan in­voeg, by­voor­beeld “as­se-bled­die­blief” of “on­ge-flip­pen-loof­lik” (maar nie *as-bled­die-se­blief of *on-flip­pen-ge­loof­lik nie).

Dit was die eer­ste A­fri­kaan­se ver­han­de­ling wat ek nog in my le­we van hoek tot kant ge­lees het. Sel­wers het ek in die 1990’s in my mees­ters­graad­ver­han­de­ling die me­ta­fo­rie­se ba­sis van sek­su­e­le uit­druk­kings in A­fri­kaans on­der­soek, as­ook hoe sul­ke woor­de in A­fri­kaan­se woor­de­boe­ke ge­han­teer word. (Die voor­beel­de is he­laas te skun­nig vir pu­bli­ka­sie in ’n ge­sins­koe­rant.)

On­langs word my be­lang­stel­ling weer op­nuut ge­prik­kel toe ek die uit­ste­ken­de boek W­hat the F: W­hat S­we­a­ring Re­veals a­bout Our Lan­gua­ge, Our Brains, and Our­sel­ves (Ben­ja­min K Ber­gen; Ba­sic Books, 2016) lees. In die be­son­der trek die hoof­stuk oor hand­ge­ba­re wat as vloek­woor­de ge­bruik word my aan­dag.

Wat e­mo­ji’s vir ge­skre­we taal is, is ge­sigs­uit­druk­kings en hand­ge­ba­re vir ge­spro­ke taal. En soos wat ons woor­de het om mee te vloek, so het ons hand­ge­ba­re om vi­su­eel uit­druk­king aan die­self­de ge­dag­tes te gee.

Die be­kend­ste ob­se­ne hand­ge­baar is be­slis die ene waar jy jou palm na jou­self toe draai en dan die mid­del­vin­ger “floep!” die lug in laat s­kiet. Daar is ’n be­ken­de mi­te dat dié ge­baar sy oor­sprong in 1415 by die Slag van A­gin­court had toe die En­gel­se tri­om­fant­lik hul­le mid­del­vin­gers vir die Fran­se ge­waai het om aan te dui dat hul­le steeds die pyl-en­boog (“yew”) kan af­trek en s­kiet (“pluck”). En al die En­gel­se het ver­ma­ke­rig ge­skree: “Pluck yew, pluck jew!” Maar dis net ’n sto­rie­tjie, want die eer­ste ver­mel­ding van dié ge­baar vind ons al in ’n ko­me­die van die G­riek A­ristofa­nes in die jaar 423 VHJ.

Ek leer in Ber­gen se boek vir die eer­ste keer dat dit in En­gels “the bi­rd” ge­noem word, en jy sê dan: “You flip so­meo­ne the bi­rd.” Nog nooit van ge­hoor nie!

En in A­fri­kaans? ’n In­for­me­le on­der­soek op Fa­ce­book bring die vol­gen­de pa­troon aan die lig: Jy [wys/gee/gooi] (vir) ie­mand [’n/die] [vin­ger/mid­del­vin­ger/zap]. Die mees­te men­se is dit eens dat dit iets be­te­ken wat ge­paard­gaan met die uit­druk­king “maak soos ’n po­li­sie­kar . . .”

Die be­skry­wend­ste segs­wy­se kom eg­ter, soos ge­woon­lik, uit ’n kin­der­mond. An­na Da­vel ver­tel dat ’n vriend van haar se kin­der­tjie in ’n pad­woedein­si­dent tus­sen haar pa en ’n an­der mo­to­ris daar­na ver­wys het as “vloek­vin­ger­tjie­gooi”.

Die mees­te men­se is dit eens dat dit iets be­te­ken wat ge­paard­gaan met die uit­druk­king “maak soos ’n po­li­sie­kar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.