Wat is le­we daar bui­te?

Die eer­ste pla­neet (51 Pe­ga­si b) wat bui­te ons son­ne­stel­sel om ’n ster wen­tel, is in 1995 ont­dek. Die lys eks­opla­ne­te wat in­tus­sen ge­vind is en dalk le­we kan on­der­hou, trek nou in die dui­sen­de. Maar wat be­te­ken “le­we” en wat is die kan­se ná dié jong­ste on

Beeld - - BY -

Vir le­we om te ont­staan soos ons dit ken, word lo­pen­de wa­ter, ’n at­mos­feer, ’n e­ner­gie­bron (soos ’n ster) en che­mie­se stow­we soos kool­stof, stik­stof, suur­stof en wa­ter­stof ver­eis. Dit is die mees ba­sie­se e­le­men­te van le­we. En tyd, baie tyd, is saam met ’n rits an­der be­stand­de­le no­dig.

Op Aar­de het die eer­ste klein mi­kro­sko­pie­se or­ga­nis­mes so­wat 3,8 mil­jard jaar ge­le­de ont­staan.

Die om­stan­dig­he­de hier was net reg – nie te koud nie en nie te warm nie. S­ter­re­kun­di­ges ver­wys na die i­de­a­le af­stand tus­sen ’n ster en sy pla­neet as die Gou­e­lok­kies-so­ne, of die be­woon­ba­re so­ne (die pap moet nie te warm of te koud wees nie, net reg, soos in die spro­kie) wan­neer hul­le na kan­di­daat­pla­ne­te wat aard­ag­tig is soek.

Dit was eers teen 540 mil­joen jaar ge­le­de, in wat be­kend staan as die Kam­brie­se era, toe le­we op Aar­de reg­tig be­gin ge­dy het. Dit was ’n e­vo­lu­si­o­nê­re ont­plof­fing waar­in groot di­ver­si­teit ont­staan het.

Een ge­beur­te­nis het tot die vol­gen­de ge­lei, na­tuur­li­ke se­lek­sie was aan die werk, en spe­sies het uit­ge­sterf, an­der het aan­ge­pas en ont­wik­kel.

Die stam­boom waar­uit die voor­sa­te van die mens by­voor­beeld ont­wik­kel het, was in ’n groot ma­te ge­luk­kig.

So­wat 251 mil­joen jaar ge­le­de is 96% van al­le plan­te en die­re op Aar­de uit­ge­wis, maar van die soog­dier­ag­ti­ge rep­tie­le het oor­leef en uit­ein­de­lik in die soog­die­re ont­wik­kel. Dit was een van vyf mas­sa-uit­wis­sings wat ons voor­sa­te oor­leef het.

’n Se­ke­re groep rep­tie­le het ge­lei tot soog­dier­ag­ti­ge rep­tie­le en van dié groe­pe, wat ’n mas­sauit­wis­sing oor­leef het, het weer tot soog­die­re ont­wik­kel.

Met­ter­tyd het dié reu­se-stam­boom van die le­we tot ’n ge­meen­skap­li­ke voor­saat – vir ons be­trok­ke stam­lyn – ge­lei.

Uit dié ge­meen­skap­li­ke voor­saat het die ho­mi­nie­de (die mens­li­ke voor­sa­te) en die groot pri­ma­te (die bo­no­bos, sjim­pan­sees, oe­rang­oe­tangs en go­ril­las) ge­stam en ver­tak. Elk­een in sy eie rig­ting.

Die ver­skeie ho­mi­nie­de het tus­sen 7 mil­joen en 5 mil­joen jaar ge­le­de in A­fri­ka ont­wik­kel en uit­ge­sterf tot daar so­wat 200 000 jaar ge­le­de ’n vroeë mo­der­ne mens was.

Dit het dus se­dert die Aar­de se ont­staan 4,5 mil­jard jaar ge­le­de al die hon­der­de mil­joe­ne ja­re ge­neem tot by ’n in­tel­li­gen­te we­se. E­vo­lu­sie is sta­dig en nie li­ni­êr nie.

Sal ons le­we her­ken?

Wat en hoe sal le­we el­ders in die heel­al wees? Waar­uit sal dit be­staan? En sal ons dit selfs her­ken?

Ons in­stru­men­te sien en hoor dit dalk nie eens nie.

Sou ons die mens van­dag weg­neem, sal ’n an­der spe­sie oor die vol­gen­de mil­joe­ne ja­re na vo­re tree en heer­send word? En wat sal dit wees?

Die ge­re­ken­de we­ten­skap­li­ke S­te­phen Jay Gould meen die mens, sou, as ons weer van voor af moet be­gin, nié ont­wik­kel tot wat hy van­dag is nie. Daar­om is dit by­na on­moont­lik om te dink wat le­we el­ders kan wees.

Wie sê die groot voor­werp van 10 km in deur­snee wat die ge­beu­re aan die rol ge­sit het so­dat die di­no­sou­ri­ërs 65 mil­joen

jaar ge­le­de be­gin uit­sterf het, sou weer die Aar­de (of ’n an­der Aar­de) tref?

Daar was soog­die­re saam met die di­no­sou­ri­ërs, hul­le was net nie baas van die plaas nie, maar hul­le het ge­word, dank­sy dié ge­beur­te­nis.

Dus, le­we op an­der pla­ne­te en hoe dit ont­wik­kel het, sal ook af­hank­lik wees van e­vo­lu­sie en die na­tuur­wet­te wat dit volg.

Dit is heel waar­skyn­lik dat Mars ook be­gin het met mi­kro­sko­pie­se

le­we, net soos op die Aar­de. Maar dié pro­ses het in ’n sta­di­um ge­stop, in­dien daar le­we was. Dalk om­dat Mars sy at­mos­feer ver­loor het. Ken­ners glo daar kan dalk le­we on­der die op­per­vlak wees en/of spo­re van oer­le­we, soos mi­kro­sko­pie­se fos­sie­le.

Twee kan­di­da­te in son­ne­stel­sel

In die son­ne­stel­sel is daar twee kan­di­da­te vir le­we, en al­bei is ma­ne. Ju­pi­ter se maan Eu­ro­pa

Voor­stel­ling: ESO/M. KORNMESSER

’n Kuns­te­naars­voor­stel­ling van die op­per­vlak van die pla­neet Prox­i­ma b, wat om die rooi­d­werg Prox­i­ma Cen­tau­ri, wen­tel. Dié ster en nou ook die pla­neet is die naas­te aan die Aar­de bui­te die son­ne­stel­sel. Die klein “kol­le­tjie” op die ag­ter­grond is die dub­bel­ster­stel­sel Alpha Cen­tau­ri AB.

Fo­to: M. WEISS/CFA

Die pla­neet, so­wat 40 lig­ja­re van die Aar­de af, kan dalk lo­pen­de wa­ter hê, om­dat dit bin­ne die be­woon­ba­re so­ne van­af sy ster (LHS 1140) is. Die pla­neet het 6,6 keer die mas­sa van die Aar­de en dit is moont­lik dat hy ook ’n at­mos­feer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.