Die groot pro­bleem is hoe kom ons daar? Son­der om pes­si­mis­ties te wees, dalk nooit.

Beeld - - BY -

’n Voor­stel­ling van die ster TRAPPIST­1 (’n ui­ters koue bruin­dwerg) met sy se­we pla­ne­te en hoe hul­le dalk lyk, ge­grond op die be­skik­ba­re da­ta soos deur­snee, mas­sa en af­stand van die ster. Die pla­ne­te staan be­kend as TRAPPIST­1b tot ­h. Wa­ter­plui­me wat uit En­ce­ladus, die maan van Sa­tur­nus, s­kiet, is deur die tuig Cas­si­ni af­ge­neem. Daar is aan­dui­dings dat daar ’n reu­se­ warm o­se­aan on­der die op­per­vlak is. Die saam­ge­stel­de fo­to’s wat twee jaar ná me­kaar in ul­tra­vi­o­let­lig deur die Hub­ble­ruim­te­te­le­skoop ge­neem is, wys plui­me ma­te­ri­aal wat van Ju­pi­ter se maan Eu­ro­pa uit­ge­skiet word. Dit is so­wat 200 km hoog en die ver­moe­de is dat daar ’n o­se­aan on­der die be­vro­re op­per­vlak is. ook be­paal word.

Die mees be­lo­wen­de kan­di­daat­pla­ne­te tot nog toe, wat in A­pril van­jaar ont­dek is, is 40 lig­jaar van die Aar­de. Hy is ook in die be­woon­ba­re so­ne om die rooi­d­werg LHS 1140.

Die pla­neet is min­stens vyf mil­jard jaar oud en baie dig­ter as die Aar­de, vol­gens die Eu­ro­pe­se Sui­de­li­ke Ob­ser­va­to­ri­um.

Daar was baie op­ge­won­den­heid in Fe­bru­a­rie van­jaar toe se­we plan­te om een ster ont­dek is, ook 40 lig­jaar ver.

Die ui­ters koue bruin­dwerg TRAPPIST-1 is met Na­sa se S­pit­zer-ruim­te­te­le­skoop en die Li­ver­pool-te­le­skoop op­ge­spoor. Die se­we eks­opla­ne­te is ge­sien soos hul­le voor die ster ver­by ge­wen­tel het.

Min­stens drie van die pla­ne­te kan o­se­a­ne huis­ves, wat die waar­skyn­lik­heid ver­hoog dat daar le­we is. Al die pla­ne­te kan eg­ter wa­ter hê.

Dié pla­ne­tê­re stel­sel is die een met die mees­te pla­ne­te so groot soos die Aar­de wat tot nog toe ge­vind is.

Vol­gens na­vor­sers van Na­sa is dit moont­lik dat al die pla­ne­te in ’n ge­ty­greep met die ster is, wat be­te­ken dat die­self­de kant van die pla­neet al­tyd na die ster wys.

Dan sal die weer­pa­tro­ne an­ders wees, soos sterk win­de wat van die dag­kant na die nag­kant waai, vol­gens Na­tu­re.

In­dien sul­ke ster­re­stel­sels al­ge­meen in die Melk­weg is, is dit moont­lik dat daar ’n mag­dom aard­ag­ti­ge pla­ne­te in ons buurt is.

Mil­jar­de ster­re en pla­ne­te

Se­ker die be­kend­ste pro­jek wat na eks­opla­ne­te soek, is die Ke­pler-te­le­skoop, wat tot dus­ver die mees­te ont­dek het.

Die to­ta­le aan­tal kan­di­daat­pla­ne­te is tans 4 496, waar­van 3 475 be­ves­tig is. Die aan­tal aard­ag­ti­ge pla­ne­te staan op 359 en 21 is min­der as twee keer die Aar­de se groot­te en bin­ne die be­woon­ba­re so­ne.

Om nog ver­der en be­ter te kyk, sal die Ja­mes Web-ruim­te­te­le­skoop, wat Hub­ble soos ’n dwerg laat lyk, in­ge­span word.

Ná ja­re se be­plan­ning en bou­werk sal dit uit­ein­de­lik in Ok­to­ber die ruim­te na ’n punt

1,5 mil­joen km van die Aar­de in­ge­stuur word. Die da­ta van Ke­pler was dat by­na el­ke ster een of meer pla­neet het.

Dit is ver­stom­mend, wan­neer ’n mens op­kyk na die ruim­te – of na fo­to’s wat die ruim­te­te­le­sko­pe ge­neem het – en jy eint­lik na mil­jar­de en mil­jar­de ster­re én pla­ne­te kyk.

Dit is moont­lik dat daar so­wat 100 mil­jard pla­ne­te net in die Melk­weg kan wees. Maar die Melk­weg is net ’n klein, klein plek­kie in die reu­se-heel­al wat teen ’n ver­snel­len­de spoed al ver­der weg van ons uit­dy.

Die kon­ser­wa­tie­we ra­ming is dat daar 200 mil­jard ster­re­stel­sels in die heel­al met on­ge­veer 100 000 000 000 000 000 000 000 pla­ne­te is.

Ons kom dalk nooit daar nie

Die groot pro­bleem is hoe kom ons daar?

Son­der om pes­si­mis­ties te wees, dalk nooit.

Om by Prox­i­ma b te kom wat net 4,3 lig­jaar van ons af is, sal 4,3 jaar neem as daar teen die spoed van lig (299 792 458 m/sek) ge­reis word, of 40 jaar neem na TRAPPIST en sy pla­ne­te. Dit is een­vou­dig nie mens­lik moont­lik om teen dié spoed te reis nie, die brand­stof wat dit sal verg teen die ver­snel­ling is on­denk­baar. Dit is bui­ten die mag­dom an­der pro­ble­me soos die ver­min­de­ring van spoed, die lan­se­ring van ’n reu­se-vrag en die uit­da­ging vir die ruim­te­vaar­ders.

Sou ons be­staan­de, on­be­man­de teg­no­lo­gie ge­bruik, sal dit 17 000 jaar neem om na Prox­i­ma b te reis en 700 000 jaar na TRAPPIST.

Die le­we el­ders gaan waar­skyn­lik al e­ons rus­tig on­ver­stoord voort. In wat­ter vorm dit ook al mag wees. In­dien dit in­tel­li­gent is, weet hul­le nie al 3,8 mil­jard jaar – toe die eer­ste le­we be­gin krie­wel het – van ons be­staan nie? Al­ler­mins.

Ons voet­spoor in die heel­al is maar 110 jaar oud toe ons eer­ste ra­dio-uit­sen­ding se gol­we die heel­al in is, en ons eer­ste TV­sei­ne be­staan 74 jaar.

Hoe ver­der die sei­ne reis, hoe sag­ter en sag­ter word dit. Tot dit in die ruim­te se ag­gres­sie­we duis­ter­nis ver­lo­re raak.

B­rits is we­ten­skap­ver­slag­ge­wer van Net­werk24.com

Fo­to: NA­SA/JPL­CALTECH

Fo­to: NA­SA/JPL/SPACE SCIENCE INSTITUTE

Fo­to: NA­SA/ESA/W. SPARKS/STSCI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.