Sy reis son­der ein­de

Beeld - - BY -

Die kuns­te­naar en skry­wer P­hi­lip de Vos het dié fo­to van Ka­rel S­choe­man in 1973 in Kaap­stad ge­neem. Dit is op­ge­neem in De Vos se fo­to­boek Mil­ieu (Pro­tea Boe­ke, 2006). In die boek het De Vos 130 kre­a­tie­we Suid­A­fri­ka­ners met na­tuur­li­ke lig af­ge­neem en mees­al in hul eie leef­ruim­te. De Vos het 36 fo­to’s van S­choe­man ge­neem.“Dié spe­si­fie­ke fo­to van Ka­rel is mis­kien die een wat vir my per­soon­lik iets van hom as per­soon vas­ge­vang het,” sê hy. N aby die ein­de van Die uur van die en­gel lees mens hier­die twee ti­pie­se Ka­rel S­choe­man-sin­ne:

“Wie kan hier­die af­sy­di­ge en af­wy­sen­de land­skap ver­staan wat geen toe­ge­wings maak nie, die ruim­te waar­op paaie en dor­pe slegs ty­de­lik ge­ëts kan word soos gra­ve­rings in die bo­laag van rots wat oor die eeue on­ver­my­de­lik sal ver­weer, af­skil­fer en ver­dwyn, die leeg­heid waar­in die af­druk van die voet nie be­houe bly nie en die klank van die stem­me weg­waai, skaars nog hoor­baar op die wind? Hoe moet mens le­we in hier­die kaal, har­de land van klip en rots en dui­se­ling­wek­ken­de ruim­te en lig, en is dit trou­ens moont­lik om te oor­le­we?”

Ont­sag­wek­ken­de oeu­vre

Die tal­le hul­de­bly­ke en re­ak­sies wat die af­ge­lo­pe week in ver­skeie pu­bli­ka­sies deur li­te­ra­to­re, joer­na­lis­te, his­to­ri­ci, fi­lo­so­we en an­der dank­ba­re le­sers ver­skyn het, be­ves­tig dat Ka­rel S­choe­man een van die in­vloed­ryk­ste en merk­waar­dig­ste skry­wers uit Suid-A­fri­ka was.

Daar is ver­skeie re­des daar­voor. Bloot die om­vang van sy oeu­vre is ont­sag­wek­kend. Hy Die ro­mans van Ka­rel S­choe­man is on­op­som­ba­re en on­ver­film­ba­re woord­wer­ke wat on­der meer op ont­hut­sen­de wy­se on­der­soek wat dit be­te­ken om spe­si­fiek in A­fri­ka te leef – as Eu­ro­pe­se af­stam­me­lin­ge in A­fri­ka, skryf

het 19 ro­mans ge­skryf, drie daar­van is met die Hert­zog­prys be­kroon, maar ook in ver­taal­de vorm het sy werk oor die af­ge­lo­pe paar jaar veld ge­wen en Hier­die le­we is meer as ’n de­ka­de na­dat dit in A­fri­kaans ge­pu­bli­seer is, in Frans ver­taal en met ’n prys ver­eer.

Be­ne­wens die ro­mans het hy ook on­ge­veer 40, meest­al ly­wi­ge, his­to­rie­se boe­ke ge­skryf – som­mi­ge daar­van bi­o­gra­fieë oor be­ken­des, maar tal­le ook juis oor on­be­ken­des, oor men­se wie se stem­me by­na weg­ge­waai het en wie se voetaf­druk­ke nie be­houe ge­bly het nie.

In sy ou­to­bi­o­gra­fie­se werk, Die laas­te A­fri­kaan­se boek, ver­wys S­choe­man tel­kens na C­le­men­ce Da­ne se dra­ma, Will S­ha­ke­spea­re. In een to­neel uit die dra­ma word ’n jong S­ha­ke­spea­re om­ring deur die skim­me van die ka­rak­ters wat hy een­dag sal skep. Wan­neer hy pro­beer

weg­loop, dring die stem­me daar­op aan dat hy hul on­der­skeie sto­ries moet ver­tel: “Tell my sto­ry! And mi­ne! And mi­ne! And mi­ne!”

Hier­die to­neel wat die jong Hier­die le­we wat in 1993 ver­skyn.

S­ha­ke­spea­re by­na tot waan­sin dryf, het S­choe­man by­ge­bly en in die ar­gief waar hy vir die lang­ste deel van sy le­we ge­werk het, het hy tal­le stem­me ont­dek wat as ’t wa­re so by hom aan­ge­dring Dit le­ven, die Hol­land­se ver­ta­ling. het om op­ge­te­ken te word, ten ein­de aan die ver­ge­tel­heid te ont­snap.

Soms kom die woor­de glad nie

Be­ne­wens die his­to­rie­se boe­ke het S­choe­man deur die ja­re ’n lang lys ar­ti­kels, ge­grond op sorg­vul­di­ge ar­gief­na­vor­sing, ge­pu­bli­seer. Soos sy boe­ke, gaan hier­die ar­ti­kels ook oor die ont­ruk­king van ge­beur­te­nis­se en men­se aan die ver­ge­tel­heid, by­voor­beeld die moord op Hesje van der Mer­we in 1837 of die dood van A­bra­ham E­sau in Cal­vi­nia in 1901.

Soms lyk dit dalk vir die on­ver­skil­li­ge le­ser na on­be­nul­li­ge ar­ti­kels soos “Voer­sis, Baf­ta en mol­vel: ’n Aan­te­ke­ning oor We­ster­se kle­re­drag in die Oran­je­ri­vier-Soe­we­rei­ni­teit, 1850-1854”. Hier­die soort nou­keu­ri­ge na­vor­sing gee eg­ter so­veel teks­tuur aan sy ro­mans dat die ver­le­de vir die le­ser ’n be­tree­ba­re land word.

Tel­kens be­skryf S­choe­man die ver­le­de as “’n an­der land”: “Die ver­le­de is ’n an­der land, on­be­reik­baar in sy ver­te, en wat daar­uit her­win kan word, wat daar­uit be­hou kan word, dra jy met jou saam.”

An­der ke­re word die ver­le­de as die “don­ker” be­skryf, ’n don-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.