S­choe­man en die ve­ge­ta­rie­se qui­che

Beeld - - BY - FRANSJOHAN P­RE­TO­RI­US

M id­del-laat 1970’s het ek van Ka­rel S­choe­man be­wus ge­word toe ek van my stu­dies in Ne­der­land af te­rug­ge­kom het.

Heel ge­pas was dit met die ont­stel­len­de Na die ge­lief­de land. Toe het Veld­slag my oog ge­vang. Wat daar­in staan, kan ek nie meer ont­hou nie. Maar wat my by­ge­bly het, was die be­son­der­se ma­nier van ver­tel, ver­al die één op­mer­king: In die Vry­staat­se dor­pie was die hui­se op lang er­we teen die straat op­ge­dam. Op­ge­dam. Want so was dit. Jy sien hul­le.

Sy e­nor­me pro­duk­ti­wi­teit – fik­sie, nie­fik­sie – het my oor­wel­dig. En tog het ek nie by al sy skry­wes, ver­al die fik­sie­wer­ke, uit­ge­kom nie.

Ek het mos al laat val die e­nig­ste fik­sie wat ek kans kry om te lees, is my ge­skie­de­nis­stu­den­te se ek­sa­men­skrif­te.

Wat ek wel ge­hoor het, was dat jy hom nie op­storm en met gees­drif ver­tel hoe mal jy oor sy werk is nie.

Nee, jy hou te­rug. An­ders slaan hy toe – en dit kan op twee ma­nie­re ge­ïn­ter­pre­teer word.

In Ja­nu­a­rie 1996 meld ek by die ma­nu­skrip- en fo­to­ver­sa­me­ling van die Suid-A­fri­kaan­se Bi­bli­o­teek in Kaap­stad aan. Dis fo­to’s van die Ang­lo-Boe­re­oor­log wat on­der die loep sal kom.

Nou weet ek hy is hoof van hier­die af­de­ling, en dit maak my op­ge­won­de dat ek die legende in le­wen­de ly­we mag sien.

Vroeg die Maan­dag­og­gend help mev. Jef­frey my, bring arms­vol fo­to­al­bums. Van hom is daar geen te­ken nie.

Teen ne­ge­uur vul sy per­soon­lik­heid die ver­trek. Lang don­ker man, swart hemp, swart broek, baard en bril. In­druk­wek­kend. Die A­fri­kaan­se Do­nald Sut­her­land.

My eer­ste im­puls is om op te spring, sy hand gees­drif­tig te skud en te ver­tel hoe­be­voor­re­ge­ki­som­hom­te­ont­moe­ten­wat­ter­ge­wel­di­ge­by­dra­e­hy­tot­die­ge­skied­skry­wing­maak.

Maar merk­waar­dig ge­noeg gaan ek aan as­of nie­mand die ver­trek vul nie.

Hy moes ge­sien het ek veg die oor­log in beeld oor. Skie­lik stap hy in my rig­ting. Ek brand om op te kyk, maar doen dit nie. Hy plak son­der ’n woord ’n ver­groot­glas op my ta­fel neer en stap aan. Toe hy ná ’n mi­nuut ver­by­kom na­dat hy nê­rens heen was nie, kyk ek op, sê “Dan­kie” en gaan aan om die oor­log deur sy loep te be­loer.

Die vol­gen­de og­gend kom hy na my. Wat maak ek? Die ge­sprek vlot mak­lik, want dit gaan oor werk.

Twee goeie dae in my le­we. In Sep­tem­ber van daar­die jaar kry ek ’n ge­tik­te brie­fie van hom. Tot my vreug­de het hy dit “Ka­rel S­choe­man” ge­te­ken. Hy kom na die ar­gief in P­re­to­ria vir na­vor­sing vir ’n boek, wat­ter ar­gief­groe­pe stel ek voor? Ek doen moei­te, stel ’n lys saam. En smee die ys­ter ter­wyl hy warm is: Ek is be­wus daar­van hy is pri­vaat, maar sou hy be­reid wees om een aand by ons te kom eet? En, in­dien wel, wat­ter spys­voor­keu­re het hy?

Hy ant­woord, weer ge­tik, weer ge­te­ken. Ja, dan­kie, maar hy het dui­de­li­ke voor­waar­des: Dit mag net Lau­ret­te en ek en die kin­ders wees, geen an­der nie­mand nie. En hy is ’n ve­ge­ta­ri­ër. As plan B, dan aar­tap­pel in die skil.

Het Lau­ret­te rond­ge­hol! Ein­de­lik kry sy ’n ve­ge­ta­rie­se qui­che-re­sep by ’n kol­le­ga. Ek soek ons bes­te wy­ne uit.

Dins­dag­aand 5 No­vem­ber 1996. Ek gaan haal hom by die Ho­li­day Inn in Ar­ca­dia. Tot my ver­ba­sing is die kwar­tier huis toe nie lank nie. ’n Dood­nor­ma­le ge­sprek.

Lau­ret­te groet son­der be­won­de­ring. Dit help. Die kin­ders van agt, se­we en vyf kom op A­fri­kaans groet. Hy gee baie aan­dag aan hul­le, vra uit oor ’n kwart­vi­ool wat daar rond­lê.

“Nou moet ons drink!” vry­we ek my han­de op­ge­won­de saam.

Hy hou nie van op­ge­won­den­heid nie. “Hoe Cal­vinís­ties,” veeg hy die glim­lag van my ge­sig, “ons móét niks nie.”

Jy kry my nie af van ’n wyn­tjie as ek my be­geer­te op hom ge­plaas het nie. Da­rem stem hy in tot mee­drink.

Van toe af het ’n on­werk­li­ke si­tu­a­sie hom voor ons af­ge­speel. Hy trek los en be­gin van Ka­rel S­choe­man te ver­tel! Sy klein­kin­der­ja­re, sy jeug­ja­re, sy jong­mens­ja­re. Ons hoef nie ’n woord te sê nie.

Die qui­che bring sy kant, en ’n ge­noeg­li­ke aand­jie word dit.

Dan kom my groot mo­ment, net voor ons gas te­rug ho­tel toe moet gaan. “Is jy be­reid om vir my ’n paar van jou boe­ke te te­ken?”

“Dis jam­mer jy het my nie ge­waar­sku nie, dan het ek my eie pen saam­ge­bring,” slaan hy my plat, want te­ken te­ken hy nie som­mer nie.

Ek draf om die voor­af op­ge­stel­de sta­pel­tjie te haal.

En daar staan hul­le van­dag op my rak. In al­mal van hul­le: “Ka­rel S­choe­man. P­re­to­ria. 5 no­vem­ber 1996.”

■ Fransjohan P­re­to­ri­us is pro­fes­sor e­me­ri­tus in ge­skie­de­nis aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria en voor­sit­ter van die Ge­skie­de­nis­kom­mis­sie van die SA A­ka­de­mie vir We­ten­skap en Kuns.

Wat ek wel ge­hoor het, was dat jy hom nie op­storm en met gees­drif ver­tel hoe mal jy oor sy werk is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.