Regs, of reg in die mid­del?

Mô­re se ver­kie­sing gaan oor veel meer as die vraag wie Frank­ryk die vol­gen­de vyf jaar moet re­geer. Niks min­der nie as die oor­le­wing van die Eu­ro­pe­se U­nie is op die spel, meen Le­o­pold S­choltz.

Beeld - - BY -

Frank­ryk sal ná mô­re se ver­kie­sing deur ’n vrou ge­re­geer word, het die reg­se pre­si­dents­kan­di­daat, Ma­ri­ne Le Pen, haar sen­tris­tie­se teen­stan­der, Em­ma­nu­el Ma­cron, in Woens­dag se te­le­vi­sie­de­bat toe­ge­snou. Die vraag is net wat daar­die vrou se naam is – Ma­ri­ne Le Pen of “Ma­da­me Mer­kel”.

Met dié sne­di­ge spits­von­dig­heid het Le Pen te ken­ne ge­gee dat Ma­cron ’n po­li­tie­ke sis­sie is wat voor Mer­kel, Duit­se bond­skan­se­lier, sal gaan lê as hy die ver­kie­sing wen. Ma­cron sal Frank­ryk se on­af­hank­lik­heid aan die ge­ha­te Duit­sers oor­han­dig, was haar bood­skap by im­pli­ka­sie.

Die te­le­vi­sie­de­bat was bit­si­ger en ve­ny­ni­ger as ooit te­vo­re. Die twee het me­kaar ge­na­de­loos aan­ge­pak en swar­ter as pik­swart voor­ge­stel.

Le Pen – daar­oor was waar­ne­mers van al­le po­li­tie­ke oor­tui­gings dit eens – was aan­sien­lik per­soon­li­ker en ve­ny­ni­ger as Ma­cron. In die twee en ’n half uur het Ma­cron sy teen­stan­der as “on­ver­stan­dig” en as ’n “pa­ra­siet” af­ge­skryf, as­ook dat sy die “ho­ë­pries­ter van vrees” is.

Sy het hom ver­wyt dat hy Frank­ryk aan “wil­de glo­ba­li­se­ring” wil uit­ver­koop, dat hy die land deur die groot ka­pi­ta­lis­te wil laat “leeg plun­der” en “af­slag”.

Dit het vol­gens waar­ne­mers ge­lyk of sy so per­soon­lik en be­le­di­gend moont­lik wou wees in die hoop dat hy sy hu­meur ver­loor en iets doms sê. As dit haar doel was, het sy mis­luk.

Le Pen het met ’n dik pak lê­ers voor haar ge­staan en tel­kens daar­in rond­ge­soek na stuk­ke, wat by baie ky­kers die in­druk ge­wek het dat haar ken­nis nie so pa­raat is as wat ’n mens sou ver­wag nie.

Dat Ma­cron haar tel­kens op fei­te­li­ke on­juist­he­de be­trap het, het nie ge­help om haar pre­si­den­si­eel te laat lyk nie. Sy fei­te­li­ke ken­nis was in­druk­wek­kend.

Maar ook Ma­cron het soms min­der goed oor­ge­kom. Hy het ar­ro­gant ge­word en Le Pen toe­ge­spreek as­of sy ’n skool­kind is.

Waar­op sy te­rug­ge­kap het: “Ek sien nou dat hy on­der­wy­ser en leer­ling met my wil speel, maar dis nie my ding nie.”

Dit was ’n ver­wy­sing na die feit dat Ma­cron as skool­seun ’n ver­hou­ding met sy skool­juf­frou ge­had en la­ter met haar ge­trou het.

Sy het ook ge­sug­ge­reer dat Ma­cron, wat vol­gens haar ’n ge­van­ge­ne van die groot ka­pi­ta­lis­te is, ’n ge­hei­me bank­re­ke­ning op die Ba­ha­mas het. Sy moes la­ter er­ken dat sy geen be­wys daar­voor het nie. Die Ma­cron­kamp gaan haar vir las­ter dag­vaar.

Le Pen, wat in die pei­lings ver ’n Voet­gan­ger loop in Pa­rys ver­by die plak­ka­te van Ma­ri­ne Le Pen en Em­ma­nu­el Ma­cron, pre­si­dents­kan­di­da­te in mô­re se ver­kie­sing.

Ek sien nou dat hy on­der­wy­ser en leer­ling met my wil speel, maar dis nie my ding nie.

Le Pen is o­pen­lik regs. Ma­cron skil­der hom­self as nóg links nóg regs.

ag­ter is, moes ’n uit­klop­hou plant as sy die ver­kie­sing wil wen. Sy kon nie. Ma­cron moes haar bloot blok­keer, waar­in hy wel ge­slaag het.

Al­te­sa­me 16,5 mil­joen Fran­se het die de­bat op te­le­vi­sie ge­sien. Vol­gens ’n pei­ling wat on­mid­del­lik daar­na ge­hou is, het 63% van die ky­kers ge­meen Ma­cron het die bes­te ge­vaar en 34% het Le Pen be­ter ge­vind.

Baie men­se was ge­skok deur die skerp­heid van die kon­fron­ta­sie. Die ge­ma­tig-link­se dag­blad Le Mon­de het dit goed ver­woord: “In dié ka­ko­fo­nie is dit nie se­ker dat die kan­di­da­te daar­in ge­slaag het om hul bood­skap oor te dra nie.”

Die toe­koms­beeld wat die twee in ge­dag­te het, ver­skil in­der­daad dra­ma­ties.

Le Pen het die laas­te ja­re baie moei­te ge­doen om die regs-ek­stre­mis­tie­se par­ty wat sy van haar pa, Je­an-Ma­rie Le Pen, geerf het, na­der aan die po­li­tie­ke mid­del (waar die mees­te stem­me is) te sleep. Maar die af­ge­lo­pe week of twee, drie kry ’n mens die in­druk dat sy weer na regs op­ge­skuif het in ’n po­ging om die reg­se kie­sers ag­ter haar te kry.

Sy wil ’n re­fe­ren­dum oor Frank­ryk se lid­maat­skap van die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) laat hou. As dit ge­beur, sal sy haar vir ’n “F­rex­it” be­y­wer.

Sy be­oog ook ’n hal­we te­rug­keer na die Fran­se frank as munt­een­heid naas die eu­ro – iets waar­oor sy deur by­na al wat ’n e­ko­noom is uit­me­kaar ge­trek is.

Ma­cron was mi­nis­ter van e­ko­no­mie­se sa­ke in die ui­ters on­ge­wil­de en on­doel­tref­fen­de pres. François Hol­lan­de se re­ge­ring. Maar hy het Hol­lan­de te links ge­vind en toe pad­ge­gee en sy eie be­we­ging, En Mar­che! (vry ver­taal: Voor­waarts!) ge­stig.

Hy is nie on­kri­ties oor die EU nie en meen die blok sal moet her­or­ga­ni­seer om te kan oor­leef. Maar van ’n F­rex­it wil hy niks weet nie en ook nie van die her­in­stel van die frank nie.

Teen dié ag­ter­grond is die stem­me­ry veel meer as ’n ge­wo­ne ver­kie­sing.

Die EU kan die ver­trek van B­rit­tan­je (wat nooit met al­bei be­ne in Eu­ro­pa ge­staan het nie) oor­leef, sy dit met groot moei­te.

As Frank­ryk, een van die oor­spronk­li­ke ses stig­ters­lan­de eg­ter moet pad­gee, be­te­ken dit son­der meer die ein­de van die EU.

Daar­om dat die Fran­se kie­sers mô­re ook oor die toe­koms van Eu­ro­pa be­sluit.

Daar is ook an­der ver­skil­le tus­sen die twee.

Le Pen wil die grond­wet so ver­an­der dat Mos­lems se gods­diens­vry­heid aan ban­de ge­lê word en die land se gren­se toe­gooi om nog Mos­lem-im­mi­gra­sie te be­perk.

Ma­cron, daar­en­teen, is die man van mul­ti­kul­tu­ra­lis­me wat in­di­vi­du­e­le reg­te wil be­skerm, ook dié van Mos­lems.

Le Pen is o­pen­lik regs. Ma­cron skil­der hom­self as nóg links nóg regs, as ie­mand van die po­li­tie­ke sen­trum.

Wie gaan wen? As ’n mens pei­lings mag glo, kan daar geen twy­fel wees nie. Al­le pei­lings wys dat Ma­cron min­stens 60% van die stem­me gaan kry en Le Pen 40%.

Maar daar is ken­ners wat waar­sku dat din­ge an­ders kan loop. Dis nie dat daar fout is met die pei­lings nie, maar hul­le weer­spie­ël nie al­les nie.

Feit is dat Le Pen se aan­han­gers veel meer so­lied ag­ter haar staan as Ma­cron se stem­mers ag­ter hóm.

As die stem­per­sen­ta­sie mô­re laag is, be­te­ken dit dat po­ten­si­ë­le Ma­cron-aan­han­gers tuis bly, maar dat Le Pen se men­se op­daag. Met dít in ge­dag­te is ’n sce­na­rio in te­o­rie moont­lik waar­in Le Pen wen.

Die feit dat ’n be­dui­den­de ge­tal kie­sers wat in die eer­ste ron­de vir die links-ek­stre­mis­tie­se kan­di­daat, Je­an-Luc Mé­len­chon ge­stem het, lui­dens pei­lings mô­re na Le Pen oor­hel, maak dit ’n re­a­lis­tie­se op­sie.

’n Mens sal eers teen mô­re­aand weet wan­neer die eer­ste prog­no­se op grond van ’n uit­gangs­pei­ling be­kend word. Men­se wat die stem­lo­kaal ver­laat, word ge­vra om vry­wil­lig ’n vra­e­lys in te vul met ge­ge­wens oor hul per­soon­li­ke ag­ter­grond (op­lei­dings­peil, in­kom­ste, stem­ge­drag en­so­voorts). Dit is meest­al taam­lik ak­ku­raat.

Die he­le Eu­ro­pa hou a­sem op. ■

Le­o­pold S­choltz is ’n joer­na­lis wat in Ne­der­land woon.

Fo­to: GETTY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.