Ek’s die een wat dan­kie moet sê

Beeld - - BY -

Dis die blond. Dis die blou. Dis die veld. Dis die lug.

Dis al.

Dis tus­sen hier en nê­rens. Dis nie­mands­land.

Dis die Tank­wa-Ka­roo.

Jy voel dit in jou been­de­re. Hier­die wê­reld is óér.

Hier en daar is ’n een­sa­me kop­pie. As­of God nie ge­weet het wat om met Sy o­ri­ge klip­pe te doen nie, het Hy dit vir tyd en wyl op ho­pies ge­plaas – om la­ter mee iets te skep.

Maar selfs Hy het daar­van ver­geet. Vir die res, so ver as die oog kan sien, is daar niks.

Be­hal­we vir hier­die een week. El­ke jaar. Wan­neer ta­maaie kuns­wer­ke soos miers­ho­pe oor die vlak­te rys. Wan­neer kre­a­ti­wi­teit en le­we ge­vier word.

Dan sien ons haar. In ’n een­vou­di­ge, lang rooi rok. Sag om haar skraal lyf ge­dra­peer. Sy’s kaal­voet. Maar sy gee nie om nie. Haar voe­te ken die grond. Sy’s ’n kind van A­fri­ka. Sy’s van hiér­die stof ge­maak. Soos ons al­mal.

En soos Ma­rais se klein­volk diep on­der die grond, hoor ons haar. Al is sy stil. Die aan­trek­king is ma­gies. Oer. Ja, van o­ral uit die ver­tes kom ons oor die vlak­te aan­ge­kom. Som­mi­ge stap. An­der kom op fiet­se aan­ge­ry.

Die Ka­roo-son val ge­na­de­loos neer. Maar ons gee nie om nie. Ons kom vir haar.

Die vrou* en haar kla­vier in die mid­del van die Tank­wa-Ka­roo.

Sy wag vir ons. On­der die ska­du­wee wat die kuns­werk gooi.

’n Tem­pel van la­fe­nis. Toe­pas­lik ge­doop deur die kuns­te­naar as Tem­pel/Xam. ’n Kuns­werk op­ge­rig ter ere van ons voor­va­ders. Aan die eer­ste men­se wat vir dui­sen­de ja­re hier ge­leef het. Met hul wys­heid, sto­ries, kun­dig­heid en sagt­heid van aard en hart.

Ons voor­va­ders van wie ons ver­geet het.

“Mag ons nie ver­geet nie,” sê sy. “Maak toe jou oë. En ont­hou.”

Sy be­gin speel.

Die mooi­ste klan­ke. Van­uit ver­re lan­de. De­bus­sy. Bach. Yann Tier­sen. Dit vat ons op ’n reis. Dit vat ons van toe­ka tot nou.

Sy hou aan speel. En sy deel die mooi­ste ge­dig­te. Haar eie. Ge­ïn­spi­reer deur haar eie ont­hou. In haar taal ook ge­bo­re van­uit hier­die grond . . . Nog nooit het A­fri­kaans vir my so mooi ge­klink nie.

En al­mal ver­staan. Hier­die men­gel­moes van men­se van hein­de en ver­re. Suid-A­fri­ka­ners, S­pan­jaar­de, Ne­der­lan­ders, A­me­ri­ka­ners, Ja­pan­ne­se.

En ons be­gin ont­hou.

Ons ont­hou me­kaar. Ons ont­hou dit wat ons ver­geet het.

’n Sag­te wind be­gin waai. Soos ’n groet. ’n Dag­sê. En ’n dan­kie.

Ja, dink ek. “Sy ver­tel die win­de van die dans en nooi hul­le uit, want die werf is wyd en die brui­lof is groot.”

En ek groet in stil­te te­rug. Want ek weet ek word ge­hoor. En sê, nee, ék is die een wat dan­kie moet sê.

Dan­kie vir die ont­hou. Van ons wys­heid, ons sto­ries, ons sagt­heid van aard en hart.

Ek sal nooit ver­geet nie.

(* Die vrou is La­ra Kir­sten. ’n pi­a­nis en dig­te­res. Lees haar ge­dig­te op la­ra­afri­ka.blogspot. co.za.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.