A­net Pie­naar­Vos­loo reis wyd en syd om van haar guns­te­ling­men­se se mooi­ste hui­se, pla­se en plek­ke met ons te deel in Mooi. Van pla­se in Bon­nie­va­le tot in die Ka­la­ha­ri – A­net neem ons op ’n styl­reis wat sy hoop ky­kers sal in­spi­reer om met nu­we oë na ons la

Beeld - - LEEFSTYL -

Waar kom die i­dee vir die reeks van­daan?

I­zel­le Ven­ter het my een­dag in­for­meel ge­vra wat­ter soort pro­gram ek graag een­dag sou wou maak.

Ek het ge­ant­woord “’n mooi een!” “Dit was nie deel van my plan­ne om TV­pro­gram­me te maak nie, maar die woord het vas­ge­steek in my kop en ek het diep be­gin dink oor al­les wat vir my mooi is. Dit was mak­lik om die kon­sep­voor­stel te skryf. Suid-A­fri­ka is mooi, ons men­se is mooi. Men­se wat die bes­te van hul om­stan­dig­he­de maak en hard werk om ’n ver­skil aan hul om­ge­wing te maak.

Hoe be­sluit jy wie om te be­soek en hoe kom jy in kon­tak met die men­se?

Ek het da­de­lik aan Ro­zi­tha Oost­hui­zen ge­dink. Sy en haar plaas, An­go­ra S­tud Farm, by Bon­nie­va­le was die in­spi­ra­sie en ek het ook my voor­leg­ging op haar plaas ge­skoei. Dit was ook ons eer­ste pro­jek. Sy het dit vir ons al­mal mak­lik ge­maak. Toe maak ek ’n ly­sie van vrien­de van ons met mooi plek­ke en in­te­res­san­te sto­ries, pas­sies en ver­sa­mel­goed. Dit was mak­lik! Ek het aan hul­le ’n e-pos ge­stuur of som­mer so oor die e­tens­ta­fel ge­vra.

Is dit moei­lik om men­se te oor­tuig om hul­le hui­se oop te maak vir al­mal om te sien? Daar was twee vrien­din­ne wat nee ge­sê het en ook met goeie re­des. Ek wil hoe­ge­naamd nie men­se bloot­stel wat nie pu­bli­si­teit wil hê nie. Ek het baie re­spek vir men­se se pri­vaat­heid. Een vrien­din is skaam, maar ek het haar oor­tuig dat ons net lek­ker gaan ge­sels en ont­span. Dis soos speel. Ons het so­veel pret ge­had.

Wat be­te­ken er­fe­nis vir jou?

Er­fe­nis is nie net ma­te­ri­eel nie. Dis ons taal, ons rit­me of ’n reu­se-vuur in ’n la­pa. Dis ook ’n lief­de vir din­ge soos re­spek en goeie ma­nie­re. Ek glo ons moet die din­ge wat ons ge­ërf het, koes­ter en eer. Dit wys ons kom ie­wers van­daan. En ons voor­sa­te het so­veel goeie din­ge vir ons na­ge­laat wat ons moet op­pas en be­waar. ’n Mens moet nooit ver­geet dat vo­ri­ge ge­ne­ra­sies in soms moei­li­ke om­stan­dig­he­de won­der­li­ke din­ge reg­ge­kry het nie.

Wat is die in­te­res­sant­ste brok­kie ge­skie­de­

A­net Pie­naar­Vos­loo is die aan­bie­der van Mooi op Via. Daar was met el­ke op­na­me iets be­son­ders. So­veel sto­ries het my tel­ke­ma­le hoen­der­vleis ge­gee. Tog is daar een er­va­ring met Jo­han Min­naar by sy beeld­sko­ne, een­vou­di­ge plaas­huis op Let­skraal aan die bui­te­wy­ke van Graaff-Rei­net. Ons het die on­der­houd ge­doen op die plek waar die Boe­re­ge­ne­raal An­dries P­re­to­ri­us, toe die ei­e­naar van die plaas, vir Sa­rel Cil­liers van Na­tal net voor 1838 ont­vang het. Cil­liers het hom kom vra om die Voor­trek­kers te kom by­staan.

Waar kom jou lief­de vir mooi din­ge van­daan?

Ons reis baie en kon on­der meer die groot­ste kuns­ga­le­rye be­soek van Mo­s­kou tot Ma­drid, Pa­rys en Lon­den. Al­les won­der­lik, maar ek dink ek het dit by my ma ge­ërf. Sy is so lief vir mooi tee­kop­pies, ge­bor­duur­de ta­fel­doe­ke, kuns, blom­me, rok­ke en lap. Dis ge­ne­ties.

Wat het jy die mees­te ge­niet ter­wyl jul­le die pro­gram op­ge­neem het?

Na­tuur­lik die vrien­de en ver­ruk­li­ke om­ge­wing, maar ook die A­fro­kaans-pro­duk­sie­span. Ek is net mal oor ’n ie­der en elk van hul­le on­der lei­ding van Jaco Spies. Dis was ’n voor­reg.

Wat hoop jy sal men­se weg­neem van die reeks af?

Ek sou hoop hul­le ge­niet die half­uur van te­rug­sit, ont­span, loer na die mooi­ste plek­ke, maar hoop ook dat dit ky­kers gaan in­spi­reer om met nu­we oë na ons land en sy mooi men­se, kul­tuur en na­tuur te kyk. Ek hoop dit gaan men­se moed gee.

Ska­kel el­ke Dins­dag om 17:30 in vir nu­we e­pi­so­des van Mooi, net op Via (DSt­v­ka­naal 147).

nis wat jy oor ’n huis of plaas ge­hoor het?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.