S­weef soos ’n vro­li­ke a­rend

Beeld - - LEEFSTYL -

VRAAG:

Ek hou daar­van om rond te reis oor­see, maar haat dit om daar­heen te vlieg. Hoe kan ek die vlie­ge­ry ver­ge­mak­lik? – Koe­kie Bru­wer, P­re­to­ria

ANT­WOORD:

1. Ver­my spitsuur­vlieg­tye, wat vol­gens die In­ter­na­ti­o­nal Air Pas­sen­gers As­so­ci­a­ti­on tus­sen 08.30 en 10:00 en weer tus­sen 16:30 en 18:30 is. Vlieg eer­der vroe­ër in die dag as la­ter so­dat jy tyd het om jou voe­te te vind in an­der­land.

2. Vlug­te word dik­wels ver­traag. Kyk op die web om te weet of jou­ne laat is.

3. Sit­plek­ke in die ry waar die nood­uit­gang is, het ge­woon­lik meer been­ruim­te.

4. Dit loon om met die­self­de lug­diens te vlieg. Só het jy voor­keur by die kies van sit­plek­ke, word jy dalk op­ge­gra­deer en kry ek­stra my­le as jy deel is van so ’n pro­gram.

5. Sluit tas­se en sak­ke wat in­ge­weeg word deeg­lik om dief­stal te voor­kom. Só kan dwelms ook nie in jou ba­ga­sie ge­plant word nie. In­dien moont­lik, laat dit ook in plas­tiek toe­draai.

6. Sorg dat daar ’n dui­de­li­ke kon­tak­nom­mer op jou ba­ga­sie ver­skyn. Dit is ver­kies­lik bo ’n straat­a­dres, want só kan skelms Volg dié slim wen­ke en maak van jou reis ’n ple­sier.

nie ag­ter­kom waar om te gaan in­breek ter­wyl jy el­ders is nie.

7. Maak dub­beld se­ker dat die reg­te be­stem­ming op jou ba­ga­sie­plak­ker aan­ge­bring word as jy in­weeg.

8. Sterk tas­se is ’n móét, want dit word hard­han­dig han­teer. Hoe meer on­der­skei­dend jou ba­ga­sie is, hoe be­ter. Só kan jy dit mak­li­ker uit­ken. ’n Lug­ha­we is een van die e­nig­ste plek­ke waar tas­se on­be­waak op ’n ver­voer­band be­land.

9. Sorg dat die no­dig­ste (tan­de­bor­sel, me­di­sy­ne en so meer) in jou hand­ba­ga­sie is, sou jou an­der ba­ga­sie weg­raak.

10. Be­ves­tig ’n ho­tel­be­spre­king vóór jou ver­trek, ver­al as jy laat gaan aan­kom.

11. Maak se­ker dat daar ge­noeg skoon blaaie in jou pas­poort is.

12. Neem eet­goed en iets te le­se saam. Vlug­te word soms lank ver­traag. En bring jy ’n ap­pel en ’n koe­rant te voor­skyn, sal jou hon­ger en ver­veel­de me­de­pas­sa­siers jou be­ny.

13. Reis su­per­lig. Dit is na­tuur­lik mak­li­ker ge­sê as ge­daan as jy nie ’n mag­dom kreu­kel­trae kle­re het nie.

14. Jou buur­man voor jou gaan waar­skyn­lik sy stoel ’n paar gra­de ag­ter­oor laat leun voor­dat hy pro­beer slaap. Moe­nie jam­mer wees dat jy van die ruim­te ag­ter jóú gaan op­eis deur die­self­de te doen nie.

15. ’n Hoef­vor­mi­ge, op­blaas­ba­re kus­sing kan keer dat jou kop knik as jy lek­ker dut.

16. S­meer ge­noeg room aan jou vel. Die lug­ver­koe­ling droog dit uit. Heel­wat wa­ter help ook.

17. Trek ge­rus jou skoe­ne uit, maar maak se­ker dat jy heel, skoon sok­kies dra.

18. Die­paar­trom­bo­se het die by­naam “e­ko­no­mie­se­klas-sin­droom’’ ge­kry om­dat die klein ruim­te waar­in pas­sa­siers in vlieg­tuie sit, die vor­ming van bloed­klon­te in die been ver­oor­saak. Dit kan te­ë­ge­werk word deur ge­reeld op te staan en rond te stap. Mas­seer jou voe­te en be­ne.

19. Moe­nie ver­geet dat vlieg­tuig­toi­let­te al­tyd druk be­soek word net ná ont­byt en voor lan­ding nie.

20. Hou ’n kaart by­der­hand van die stad waar jy land.

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.