S­mul aan veel­sy­di­ge klap­per

Beeld - - LEEFSTYL - KARLA JAN­SE VAN VUUR­EN @Kar­laKos­klets

Klap­per is se­ker een van die veel­sy­dig­ste be­stand­de­le in jou kom­buis – dit kan in de­ka­den­te soet­be­der­fies ge­bruik word, in dran­kies met ’n tro­pie­se kin­kel, en in ek­so­tie­se ge­reg­te wat jou op ’n smaak­reis neem.

Klap­per is ’n bron van ve­sel, vi­ta­mie­ne, mi­ne­ra­le en a­mi­no­su­re en spog ver­al met kal­si­um, mag­ne­si­um, ka­li­um en baie e­lek­tro­lie­te.

Dit is een van die hoof­voed­sel­bron­ne van by­na ’n der­de van die wê­reld se be­vol­king en al hoe meer men­se in die Wes­te raak dees­dae ook be­wus van die ge­sond­heids­voor­de­le van klap­per­o­lie.

Met dié ge­son­de o­lie kan ’n mens nie net kook en bak nie, maar baie men­se ge­bruik dit ook om vel­pro­ble­me soos ek­seem en ook droë ha­re te be­han­del.

Klap­per­wa­ter is on­der ge­sond­heids­be­wus­tes ’n guns­te­ling om­dat dit ver­fris­send is, spys­ver­te­ring be­vor­der en min ki­lo­jou­les het.

Klap­per lê my ook na aan die hart, want dit laat my aan twee men­se dink wat nie meer hier is nie: my skoon­pa, wat klap­per nie kon ver­dra nie (“dit knars on­der my tan­de”), en my ou­ma aan moe­ders­kant, wat al­tyd ge­sê het sy sal e­nig­iets eet so­lank dit in klap­per ge­rol is.

Om dié veel­sy­di­ge pro­duk te vier, deel ek van­dag drie re­sep­te met klap­per met ons le­sers: ’n vul­len­de smoo­thie, ’n ek­so­tie­se hoen­der­ge­reg en ’n smul­lek­ker sjo­ko­la­de-en-klap­per­be­derf.

By­ko­men­de bron­ne: food­facts.com, ca­re2.com

Fo­to’s: GERRIE JAN­SE VAN VUUR­EN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.