Klap­per­ker­rie­hoen­der­frik­ka­del­le

Beeld - - LEEFSTYL -

Die rooi­ker­rie­pas­ta gee die sous lek­ker skop. Ver­al men­se wat van vu­ri­ge kos hou, sal hier­die ge­reg ge­niet. Pa­s­op dat jy die hoen­der­frik­ka­del­le nie oor­gaar maak nie, hul­le droog mak­lik uit.

Jy be­no­dig (ge­noeg vir vier):

Vir die frik­ka­del­le:

½ kop­pie grof­ge­kap­te wor­tels ¼ rooi ui

2 eet­le­pels vars kol­jan­der die sap van 1 lem­me­tjie 2 eet­le­pels vars ba­siel­kruid 1 eet­le­pel so­ja­sous

1 tee­le­pel ge­maal­de gem­mer 1 knof­fel­hui­sie

½ tee­le­pel fyn ko­myn ¼ tee­le­pel rooi ris­sie­vlok­kies ¼ tee­le­pel elk sout en pe­per 450 g hoen­der­maal­vleis Vir die sous:

1 blik klap­per­melk

1 eet­le­pel rooi­ker­rie­pas­ta 1 eet­le­pel a­man­del­bot­ter 2 eet­le­pels lem­me­tjie­sap 1 tee­le­pel ge­kap­te knof­fel

Só maak ’n mens:

1. Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Plaas al die be­stand­de­le vir die frik­ka­del­le, be­hal­we die hoen­der, in ’n voed­sel­ver­wer­ker en pols tot ge­kap en ge­meng. Voeg die hoen­der nou by en pols tot ge­meng.

2. Rol in bal­le­tjies so groot soos gholf­bal­le en plaas in ’n ge­smeer­de bak of pan. Be­dek met ’n dek­sel of foe­lie en bak 20 mi­nu­te. Die frik­ka­del­le moet steeds sap­pig wees wan­neer hul uit die oond kom. In­dien no­dig, bak nog ’n paar mi­nu­te net tot deur­gaar. Jy kan ook die frik­ka­del­le in klap­per­o­lie braai tot gaar.

3. Om die sous te maak, giet die klap­per­melk in ’n ka­strol en ver­hit. Voeg die res van die be­stand­de­le by en ver­hit tot kook­punt. Prut tien mi­nu­te, roer ge­reeld.

4. Sit die frik­ka­del­le in die sous, roer deur en prut so­wat drie mi­nu­te.

5. Sit voor saam met blom­kool­rys of koes­koes.

– Aan­ge­pas van the­be­wit­chin­kit­chen.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.