Sjo­ko­la­de­en­klap­per­brow­nies

Beeld - - LEEFSTYL -

Jy be­no­dig:

Vir die brow­nies:

kop­pie ka­kao

1½ kop­pie sui­ker

kop­pie ver­sier­sui­ker

¾ tee­le­pel sout

1 kop­pie meel

1 tee­le­pel kof­fie­poei­er (op­si­o­neel) 1 kop­pie sjo­ko­la­de­splin­ters

3 ei­ers

½ kop­pie son­ne­blom­o­lie 2 eet­le­pels wa­ter

Vir die klap­per­laag:

170 g room­kaas teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur

kop­pie room

½ tee­le­pel va­niel­je­es­sens 3 eet­le­pels ver­sier­sui­ker 3 kop­pies fyn klap­per Vir die sjo­ko­la­de­ga­na­che:

kop­pie room

1 kop­pie sjo­ko­la­de­splin­ters ek­stra klap­per, vir ver­sie­ring

Só maak ’n mens:

1. Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. S­meer ’n 20 x 20 cm­oond­bak en voer die bo­dem uit met bak­pa­pier.

2. Meng die ka­kao, sui­ker, ver­sier­sui­ker, sout, meel, kof­fie­poei­er en sjo­ko­la­de­splin­ters. Voeg die ei­ers, o­lie en wa­ter by en roer tot deeg­lik ge­meng.

3. Skep die be­slag in die voor­be­rei­de bak en maak ge­lyk bo­op. Bak 40 min. – die brow­nies is ge­reed wan­neer jy ’n tan­de­stok­kie daar­in steek en dit skoon uit­kom. Wees ver­sig­tig om dit nie te lank te bak nie. Laat af­koel.

4. K­lits die room­kaas, room, va­niel­je­es­sens en ver­sier­sui­ker met ’n hand­men­ger tot glad. Voeg die klap­per by en k­lits nóg ’n mi­nuut tot deeg­lik ge­meng.

5. Skep die meng­sel bo­op die brow­nies en ver­sprei om ’n e­ga­li­ge laag te vorm. Plaas in die ys­kas ter­wyl jy die ga­na­che maak.

6. Om die ga­na­che te maak, roer die room en sjo­ko­la­de saam oor lae hit­te tot glad. Ver­wy­der van die hit­te en laat ’n paar mi­nu­te af­koel. Giet die ga­na­che oor die klap­per­laag en sprin­kel nog ’n bie­tjie klap­per bo­oor.

7. Bê­re die brow­nies min­stens ’n uur in die ys­kas voor­dat jy dit sny. Dit is lek­ker ryk, so sny maar in klein blok­kies.

– Aan­ge­pas: ce­le­bra­ting­sweets.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.